Volhoubare oplossings
vir SA se graanboere
Senwes Grainlink is ’n betroubare vennoot op die
graanmark en verseker ’n meer volhoubare toekoms
vir graanprodusente deur sy dienste en infrastruktuur.
Grainlink se goed gekoör
dineerde administratiewe,
logistieke en bedryfswerk
wyse maak maksimum
doeltreffendheid moontlik.
Senwes se 68 silo’s het ’n
gesamentlike opbergings-
vermoë van sowat 4,8
miljoen ton beskikbaar.
Onderhoud van en beleg-
gings in dié geriewe vind
deurlopend plaas, soos die
onlangse opgradering van
die Makokskraal-silo (naby
Ventersdorp in Noordwes).
Senwes Grainlink se slimfoontoepassing bied toegang tot relevante graanmarkinlig-
ting en finansiële nuus, asook plaaslike en internasionale weer- en reënvalkaarte.
S
enwes Grainlink het
’n gevestigde infra-
struktuur in die
somer- sowel as win-
tergraanverbouings-
gebiede. Verskeie dienste word
aan produsente en graanafne-
mers gelewer, waaronder die
vinnige en doeltreffende inna-
me en versending van graan en
voldoening aan voedselveilig-
heidstandaarde.
’n Verhoogde aptyt vir hoë-
waarskynlikheidverhandeling
(2015 tot 2016) het gelei tot die
ontwikkeling van nuwe opsies
vir die graanwaardeketting.
Basislink, Senwes Grainlink se
aanlyn verhandelingsplatform,
het bykomende funksies vir pro-
dusente geskep waarmee hulle
hul graan aan Senwes se graan-
verkrygers te koop kan bied.
Danksy die Graintech-projek
kan Senwes graan met ’n hoër
as normale voginhoud inneem,
sonder enige bykomende dro-
gingskoste of verhoogde bedryfs -
risiko’s.
Kort hierna is AgriRewards,
Senwes se lojaliteitskema, suk-
sesvol tot voordeel van Senwes
Grainlink se klante ingestel.
Danksy AgriRewards kan Sen-
wes se graanklante ’n bonus met
hul oes verdien. Dié uitgestelde-
bonusskema bied aan al Senwes
Grainlink se klante die geleent
heid om goeie, uitgestelde bo-
nusse te verdien én die voordeel
daarvan te benut. Só beloon Sen-
wes graag sy lojale klante.
MARKINLIGTING
Senwes Grainlink se slimfoon-
toepassing is ’n bykomende
platform wat maklike toegang
tot relevante graanmarkinlig-
ting bied, waaronder daaglikse
markinligting met betrekking
tot graan en oliesade, finansiële
nuus, en plaaslike en interna-
sionale weer- en reënvalkaarte.
Regstreekse JSE- (Safex-) pryse
vir witmielies, geelmielies, VSA
Corn, sonneblom, sojaboon, ko-
ring en sorghum met eenvoudi-
ge, dog sinvolle prysgrafieke
word gratis beskikbaar gestel.
Internasionale indekspryse
vir mielies, koring en soja, asook
die mees relevante wisselkoers-
syfers, stel gebruikers in staat
om die verandering in hierdie
waardes sedert die vorige mark-
sluiting te beoordeel.
Mnr. Frans Dreyer, die be-
stuurder van Senwes Graan
makelaars, het op die bekend-
stelling van die toepassing gesê
dit plaas markinligting in die
palm van die gebruiker se hand.
“Die gebruiker hoef nie meer
bekommerd te wees oor ’n prys-
syfer wat met 15 minute vertraag
is nie omdat die toepassing in-
tydse, regstreekse pryse deurgee.
Dit stuur kennisgewings deur
middel van die toepassing om
die gebruiker op die hoogte van
sake te hou.”
GRAANBEMARKING
Een van die Senwes Grainlink
se afdelings, Graanbemarking,
is produsente se regterhand wat
die bemarking van graan betref.
Hiermee word selfs nog meer
waarde toegevoeg deur byvoor-
beeld die aanbieding en deurlo-
17 Mei 2019
|
GROOT GRAAN
Grainlink se span is innove-
rend en sien kans om enige
probleem op te los.
Senwes Grainlink het
twee jaar gelede sy tweede
grootste someroes sedert
sy ontstaan ingeneem.
Die opbrengs per hektaar
vir mielies was gemiddeld
6,39 t/ha. Die silo-inname
was 3 396 258 ton, ver
geleke met 3 625 045 ton
in 1981-’82.
In dieselfde jaar het
Tradevantage sy lewe-
ringskontrak met Meadow
Feeds, Astral Foods se
veevoerafdeling, hernu.
Dié kontrak is die eerste
keer in 2016 op 18 Mei op
Nampo gesluit en is die
enkele grootste verskaf-
fingskontrak van mielies.
pende bedryf van doeltreffende
bemarkingstrategieë.
Verskeie fisieke en voor-
seisoen-graankontrakte is be-
skikbaar wat spesifiek ontwerp
is om produsente se kontant-
vloeibehoeftes, asook seisoenale
veranderinge in ag te neem.
As gevestigde markleier op dié
gebied is dit Graanbemarking
se voorneme om deurlopend te
verbeter. Wees ook op die uit-
kyk na bykomende funksies en
kontrakmoontlikhede wat bin-
nekort bekend gestel gaan word.
Graanbemarking bied die vol-
gende opsies aan graanprodu-
sente wat die aankoop van hul
graan betref (voorbeelde is uit
14 verskillende fisieke en voor-
seisoenkontrakopsies/keuses):
■ ■ Minimumprystransaksies.
■ ■ Minimum-/maksimum-
prystransaksies.
■ ■ Voorskotbetaling-tran-
saksies.
■ ■ Geweegde gemiddelde mini-
mumprystransaksies.
■ ■ Geweegde gemiddelde prys-
transaksies.
■ ■ Plaaslaai-transaksies.
■ ■ Basisprystransaksies.
■ ■ Uitgestelde prystransaksies.
■ ■ Put-transaksies.
■ ■ Call-transaksies.
Bylae tot Landbouweekblad
|
SENWES 110
19