Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 20

SENWES Toekomsfokusdag inspireer wyd en syd Senwes wil ’n gunstige bydrae tot die ontwikkeling van jong landbouers lewer deur hulle met inligting en kennis te bemagtig. Die Toekomsfokusdae skep só ’n geleentheid. Massey-universiteit in Nieu- See­land, wêreldbekende spreker oor landbouverbeteringstegnie- ke en optimale boerderyprak­ tyke, was die hoofspreker. Hy het die groep jong boere uit die Vrystaat en Noordwes aange- moedig om vertroud te raak met wie die eindverbruikers van hul produkte is en wat presies daar- die verbruikers se behoeftes is. Gow het gesê jong boere moet na nuwe sakemodelle soek pleks van om net sakeplanne uit te voer. Met verwysing na inter- nasionale suksesstories oor kom­moditeite, soos koffiebone, melk, Merinoskape en kiwivrug- te, wat tot verbruikersgefokus- de ondernemings omvorm is, reken hy van dié modelle kan gebruik word om plaaslike boere se denkwyse te verander. Dit sal hulle help om internasionale markte te betree. MAAK ’N VERSKIL Van Suid-Afrika se voorste jongboere neem jaarliks deel aan die Senwes-Toekomsfokusdag. Van links is mnre. Waldo van Niekerk, Boet Wilken, Nelius Ferreira, Gideon van Zyl, Edric Badenhorst en JP van den Berg. FOTO: SENWES S enwes se Toekoms- fokusdae het in 2003 begin deur klem te lê op die jeug, maar sedertdien het dit ont- wikkel tot inklusiewe gebeur- tenisse om ’n uiteenlopende groep boere te inspireer. Mnr. Deon Bergh, oudvoor- sitter van die Agri Noordwes se jongboerkomitee, het in 2006 gesê die Jongboervereniging het ten doel om jonger boere betrok- ke te kry by die georganiseerde landbou sodat hulle sonder hui- wering hul insette kan lewer. Senwes se Jongboer-Toekoms­ fokusdag was deel van dié plan. “Jong boere in Suid-Afrika boer meestal saam met hul pa’s en is gevolglik nie so betrokke by die georganiseerde landbou nie. Hulle word dus nie werklik raakgesien nie en hul voorstelle word nie behoorlik aangehoor nie. Ons moet na ’n plek beweeg waar jong boere se stemme ook gehoor word. Hul idees is dik- wels kreatief en hul denkwyse insiggewend,” het hy gesê. 20 SENWES 110 Die Jongboer-Toekomsfokus- dag was aanvanklik dus daar- op toegespits om ’n platform te skep vir jong boere waarop hulle idees kan uitruil en inligting be- kom wat hulle in hul boerdery kan help. Die doel was om landbou-in- ligting oor te dra oor relevante sake wat jong boere se lewens en boerderypraktyke beïnvloed. Hierdie jaarlikse geleentheid was baie suksesvol. Dit het aan die boer die geleentheid gebied om terug te staan en perspektief te kry op sy situasie en strate- giese oplossings vir sy boerdery te vind. Die volgende temas is al bespreek: ■ ■ Die huidige en toekomstige politieke scenario’s in Suid- Afrika. ■ ■ Oorlewing in die moeilike tye waarin boere hulle bevind. ■ ■ Die belangrikheid van die georganiseerde landbou. ■ ■ Neigings wat in die toekoms ’n regstreekse invloed op jong boere gaan hê, soos die groeigeleenthede in Afrika, | Bylae tot Landbouweekblad | 17 Mei 2019 Oos-Europa, Brasilië, Argen- tinië en Maleisië. ■ ■ Hoe boere op hul instinkte moet vertrou. ■ ■ Volhoubare graanproduksie. ■ ■ Tegnologie wat boere in die toekoms kan verwag. ■ ■ Hoe boere sal moet saam- staan in die onseker en moei- like tye waarin hulle leef. KOPSKUIF NODIG Die Toekomsfokusdae het ál ge­ wilder geraak, en in 2012 het 300 jong boere die dag byge- woon. Dié getal groei steeds. In 2014 het die klem nie net op die doeltreffende produksie van ’n kommoditeit geval nie. Daar is ook gepraat oor die kop­skuif wat nodig is om verskillende ma- niere te onder­soek om waarde te skep en sakemodelle te ont- wikkel om ’n produk aan te bied wat aanloklik en bruikbaar vir eindverbruikers is. Praktiese demonstrasies is ook ’n hoogte­punt op Senwes se Toekomsfokusdae. Prof. Hamish Gow van die Jong landbouers wat die vyftien- de Senwes-Toekomsfokusdag in 2018 bygewoon het, het met in- ligting weggestap waarmee hulle die toekoms kan betree en ver- andering teweeg kan bring, het mnr. Boet Wilken, voorsitter van Vrystaat Landbou se jongboer- komitee, gesê. Wilken het gesê dit is belangrik vir veral jong landbouers om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak omdat dié gemeenskappe die jong boere in die toekoms sal bystaan. “Die mense wat by die Toe- komsdag was, gaan vorentoe ’n groot verskil maak. Dit is wat jy wil hê. Jy wil mense gunstig inspi- reer sodat hulle kan teruggaan huis toe en hul familie, ouers én plaaswerkers inspireer.” Die tema van 2018 se Toe- komsdag was “Die belangrik- heid van persoonlike ontwik- keling in die landbou”. Wilken het gesê meer as net nuwe neigings en tegnologie in landbou is bespreek. “Dit gaan daaroor om nie net in jou boerdery te belê nie, maar ook in jouself. “Jy moet jouself verbeter en verryk, en ook ander mense ver- ryk en gunstig beïnvloed.”