Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 21

Senwes-leiers verskuif grense Deurlopende opleiding, ontwikkeling en ’n verfrissende benadering tot vernuwing gee stukrag aan Senwes se topbestuur, en dus aan die hele maatskappy. A lle belangegroepe wat met ’n gehalte- onderneming in aan- raking kom, vind baat daarby. Die verantwoordelikheid strek egter wyer as bloot die groei van waarde en die uitkeer van dividende aan aandeelhouers, sê mnr. Theo Vorster, uitvoe- rende hoof van Galileo Capital, oor Senwes en sy leierskorps. Hoekom doen Senwes ná 110 jaar steeds sake, ’n mylpaal wat min maatskappye haal? “Senwes besef wat sy kern­ besigheid is en lê dáárop klem. Dit bly toegespits op die waarde- ketting wat rondom graan en die groter graanekonomie wentel.” Vorster sê Senwes belê ook oordeelkundig in vennootskap- pe met die beste beskikbare kun- digheid, soos in sy logistieke be- sigheid of spesialis-meganisasie. “Senwes het sekerlik een van die beste bestuurspanne met mnre. Francois Strydom (uit- voerende hoof), Corné Kruger (hoof- finansiële beampte) en Danie Minnaar (voorsitter). Dié driemanskap – eintlik die hele bestuur – toon sterk leiers­eien­ skappe en het al die nodige be- stuursvaardighede. “Die bestuur praat gereeld oor die waardeketting, die no- dige aanpassing by verandering en om self die waardeketting te ontwrig. Met dié benadering bly die leierskorps aan die voorpunt en behaal goeie risikobestuur binne en buite die maatskappy. Senwes kyk oordeelkundig na sy balansstaat, asook die boer se belange om ’n wen-wensituasie te verseker.” BELÊ IN MENSE Vorster sê Senwes bly ’n tree voor talle ander maatskappye omdat in sy topbestuur se deur- lopende opleiding en ontwikke- ling belê word. “Die leierskorps woon dik- wels kursusse by sakeskole en seminare hier en oorsee by om op die hoogste vlak op die wêreld- mark te kan meeding. Die senior bestuur moet mededingend bly wat aspekte soos besluitneming en be­stuursnavorsing betref. “Net soos boere op ’n wêreld- platform meeding met pryse wat in Chicago vasgestel word, moet senior bestuurders kan bybly en meeding met ander onderne- mings – en hulle kry dit reg.” VERNUWING “Die landboubedryf is wissel- vallig. Jy moet jou besigheid rondom goeie én slegte tye kan bou. Jy kan nie ’n boot bou en hoop daar gaan nooit ’n storm wees nie. Senwes is robuus in ’n riskante sektor.” Ná die oorskakeling van ’n koöperasie het Senwes homself begin losmaak van die geografie- se bande wat infrastruktuur soos graansilo’s kan skep. Deesdae doen Senwes landwyd sake op verskillende vlakke. “Vernuwing in die maatskap- py sluit byvoorbeeld Senwes se robuuste kredietproses in, waar die beleid op produktiewe waar- de toegespits is. POLITIEK EN BELEID “Senwes se grootste klem moet op die volume en waarde van die geproduseerde graanoes wees, en tegelyk om ’n gesonde balans- Mnr. Theo Vorster NASIEBOU Senwes is die afgelope sewe jaar die dryfkrag agter die Nasie in Gesprek-reeks op Nampo op Bothaville. Dit skep ’n platform vir belang- hebbendes uit verskillende segmente van die Suid-Afri- kaanse samelewing. “Soos Francois Strydom gereeld opmerk: ‘Nasie in Gesprek gaan oor dialoog en gesprekke tussen verskil- lende belangegroepe in die soeke na oplossings en ge- leenthede,’” sê Theo Vorster, ’n aanbieder van Nasie in Gesprek. “Op die Nasie in Gesprek- platforms word nie net staat te handhaaf,” sê Vorster. Hy waarsku dit sal rampspoe- dig vir die ekonomie wees as die regering die eiendomsvraagstuk verkeerd benader. “Solank dit ’n rasionele pro- ses is, is grondhervorming as sodanig nie vir Senwes of die landbousektor ’n bedreiging nie. Dit kan wel lelik skeefloop as voedselproduksie benadeel word. Dít is die hoofrisiko.” Indien Senwes nie ’n groot genoeg volume graan in sy silo’s kry nie, sal sy graanprodusente ook finansieel swaarkry. Dit het ’n sekondêre impak op die waar- deketting, want boere bestee dan minder aan insette soos kuns- mis en trekkers. Dit plaas die maatskappy verder onder druk. 17 Mei 2019 | die landbou se probleme bespreek nie, maar ook die geleenthede. Omdat die landbou so ’n gespesialiseer- de bedryf geword het, verval boere maklik in die gewoonte om ingewikkelde sake binne hul eie dampkring te be- spreek en nie ook met die 58 miljoen verbruikers nie.” Nadat Nasie in Gesprek gevestig geraak het, is nog borge betrek. Opnames en regstreekse uitsendings is ook op Nampo op verskillen- de internetplatforms te sien. Die gesprekke op Nampo vorm die grondslag van die Nasie in Gesprek-TV-reeks op kykNET. “Indien so ’n situasie ontstaan weens ’n grondhervormings­ beleid wat swak uitgevoer word, is dit vir niemand goed nie.” As die graansilo’s egter vol bly en daar toenemend meer me- dium- en groot swart kommer- siële boere tot die waardeketting toetree, sal die uitwerking guns­ tig vir die groter gemeenskap en die land se toekoms wees. “Senwes het een van die beste bestuurspanne in die Suid- Afrikaanse korporatiewe kon­ teks. Die bestuur besef die voed- selwaardeketting van die toe- koms gaan anders lyk as vandag. Die maatskappy neem rasionele besluite volgens gesonde, toe- komsgerigte sakebeginsels,” sê Vorster. Bylae tot Landbouweekblad | SENWES 110 21