Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 22

SENWES ‘Ons kan Suid-Afrika laat werk’ Senwes het nie net talle struikelblokke oorleef nie, maar die maatskappy floreer steeds ná 110 jaar. Die uitvoerende hoof en voorsitter praat oor ’n paar doelwitte waarmee die maatskappy slaggate wil vermy om op dieselfde suksesvolle trajek voort te gaan. D anksy Senwes se aanpasbaarheid het dié landboumaat­ skappy homself oor die jare heen bewys. Mnr. Francois Strydom, uit­ voerende hoof van die Sen­ wes-groep, sê die maatskappy is hoopvol en opgewonde oor die potensiaal van Senwes se mense, asook die gemeen­ skappe en klante met wie hy sake doen. “Die balansstaat is belangrik, maar dit is nie wat my motiveer nie. Ek kan nie aan ’n beter plek in die voedselwaardeketting as Senwes dink om by te werk nie. Hier is welwillendheid. Ge- meenskappe vir ons baie be­ langrik, nie nét die winsmarges of aandelepryse nie. “Ons leer elke dag lesse by gewone mense wat ongewone dinge doen, en dit is wat Senwes op ’n menslike vlak wil regkry: Om te inspireer!” Strydom is opgewonde oor nuwe tegnologie en hoe dit die landboubedryf en boere in die toekoms kan bevoordeel deur die toepassing van presisie­ boerdery. “Die landbou is sexy, al dink baie mense nie so nie. Terwyl gewone mense nou eers hier en daar selfstuurtegnologie in voer­ tuie begin aanvaar, gebruik die landbou al lankal selfstuur- en GPS-tegnologie.” Strydom sê egter die volgen­ de groot veranderinge in die landbou gaan nie om slimmer masjiene, hommeltuie en reke­ naartegnologie wentel nie, maar om die biologie wat dié tegnolo­ gie moet help bestuur. “Die volgende revolusie gaan nie ’n nywerheidsrevolusie wees nie, maar ’n biologiese revolusie. Die mikrobes in die grond gaan die helde in ons toekomstige landbouverhaal wees.” 22 SENWES 110 Mnr. Francois Strydom praat oor grondhervorming en die toekoms van die Suid-Afrikaanse landboubedryf op Landbouweekblad se grondberaad wat verlede jaar op Bela-Bela in Limpopo gehou is. GELEENTHEDE Mnr. Danie Minnaar, voorsitter van Senwes, meen vroegtydige optrede én ’n konserwatiewe benadering in ’n onderneming is die regte medisyne binne die landboukonteks. “Moeilike tye bied geleent­ hede, maar dan moet jy daarop voorbereid wees om die geleent­ hede aan te gryp sonder om roe­ keloos op te tree. Vir ons klante is markinstrumente beskikbaar wat hulle kan inspan om risiko te bestuur. Innovasie uit die Sen­ wes-stal bied verskeie voordele vir boere waarmee hulle strui­ kelblokke beter kan bestuur.” Minnaar sê boere moet deel­ neem aan politieke gesprekke, veral dié oor eiendomsreg. “Ons is deel van die politieke gesprek. Ons wil die boer se omgewing ten goede beïnvloed sodat hy winsgewend kan produseer.” PASOP VIR VERSOEKINGS Strydom raak meer filosofies oor | Bylae tot Landbouweekblad | 17 Mei 2019 taai tye in die landbousektor. “Ons wil in ’n posisie wees om mense te help wat moeilike tye dalk nie suksesvol kan oorbrug nie. Om só lank vas te byt totdat ál jou waarde later wegkalwe, is nie die beste opsie nie. Dit klink dalk vreemd, maar jy kan ook met sukses misluk.” Hy sê dit is nie ’n teken van mislukking as ’n boer ’n ruk lank sy drome opsy sit om eers uit ’n blote oorlewingsituasie te kom en dan weer te probeer floreer nie. Dit getuig eerder van aan­ passing. Senwes is immers self al deur sulke tye. “Internasionale navorsing deur Harvard sê 98% van alle probeerslae is onsuksesvol. Daarom moet jy die stamina hê om by daardie 2% suksesvol­ le probeerslae uit te kom. Die truuk is om aan te hou probeer, want jy weet nooit wanneer suk­ ses om die draai lê nie. “ ’n Goeie strategie is om te leer hoe om ‘nee’ te sê vóór jy kan weet waarvoor om ‘ja’ te sê.” Senwes handhaaf ’n konser­ watiewe uitkyk deur gedissipli­ neerde, analitiese denke. “Dit beteken nie jy is bang vir nuwe dinge nie, maar eerder dat jy op goeie besluite toegespits is. By Senwes werk ons met aan­ deelhouers se beleggings, met personeel se werksekerheid en inkomste, en ook met ons klante vir wie ons waarde vir hul geld wil bied. Riskante besluitneming is dus nie ’n verantwoordelike roete nie, en dit is belangrik om die verskil te ken tussen ’n ge­ leentheid en versoeking. “My doelwit is om die lewens te verander van die mense by Senwes en die mense met wie ons sake doen, en om die groter landboubedryf gunstig te beïn­ vloed. Ons maatskappy se eerste strewe is om ’n verskil te maak in Suid-Afrika. Ons sal deur mid­ del van ons verskillende projek­ te en alledaagse besigheid aan­ hou probeer om dit reg te kry. Sáám kan ons Suid-Afrika laat werk,” sê Strydom.