N UUS
naaste winkel af”. Die bevolking
is dus salig onbewus van waar die
voedsel vandaan kom en al die
uitdagings wat daarmee gepaard
gaan. Met Nasie in Gesprek
word daar met hulle gepraat en
word begrip hiervoor gekweek.
Die program ontwikkel
Vir Francois is dit uiters
belangrik dat dit ‘n gesprek
moet wees en nie ‘n debat
nie. Hy verduidelik dat die
eerste programme drie jaar
gelede daarop gemik was
om die gesprek aan die gang
te sit. “Die nasie-gedeelte
het later bygekom.”
Die hele dryfkrag is nou agter
die eerste gedeelte, naamlik
die nasie. Hy verduidelik
dit so: “Die mees kragtige
boodskap is as iemand verstaan
waarvandaan jy kom. Dan kan
hulle amper namens jou veg.”
Hy sluit daarmee af dat
Suid-Afrika aan die mense
van Suid-Afrika behoort.
“Dit is hoekom dit Nasie in
Gesprek is - ons is die Nasie.”
IN GESPREK
“GOEIEDAG EN
WELKOM BY NASIE IN
GESPREK, SAAM MET
MY THEO VORSTER.”
Dit is die woorde waarmee
kykers vir die laaste
twee jaar al deur Theo
Vorster begroet word.
Maar wat weet ons
van sy sieninge?
Waar het Theo se
betrokkenheid begin?
Theo Vorster is al sedert die
eerste Nasie in Gesprek in
2013 betrokke, toe hy sy
verskyning as gas gemaak
het. Kort daarna is hy die
geleen