•••
NUUS
Senwes se Nasie in Gesprek
toon merkwaardige groei
AUBREY KRUGER
NASIE IN GESPREK HET REEDS IN 2013 BEGIN MET
DIE EERSTE PRODUKSIES WAT BY DIE NAMPO
OESDAG AS SENWES TOEKOMSFOKUS GESPREKSFORUM AFGESKOP HET. ʼn AFRIKAANSE INSETSEL
IS OP DIE DAGBREEK-PROGRAM UITGESAAI.
I
n 2014 bereik Nasie in
Gesprek nuwe hoogtes
deur gehore buite die landbousektor te bereik. Fase 1 was die
daaglikse gesprekke by Nampo
en fase 2 het 29 insetsels
ingesluit wat op kykNet
gebeeldsend is.
Vanjaar is die program
verder uitgebrei met meer as 40
paneelgaste tydens 8 sessies in
beide Afrikaans en Engels by
Nampo. ‘n Televisiereeks het
gevolg op Business Day TV,
Soweto TV, asook op kykNET.
Met 39 episodes en meer as 30
paneelgaste was dit die beste jaar
nog. Die geskatte aantal kykers
26
bo 15 jaar is massief met meer
as 4 miljoen moontlike kykers
op Soweto TV se kommersiële
kanaal, 3 miljoen op Soweto
TV se DSTV kanaal, 1,8
miljoen kykers op kykNET en
307 000 op Business Day.
Die visie vir 2016 is om
dieselfde wenresep toe te pas en
om te poog om internasionale
pers en mediahuise te betrek.
Dit alles is slegs moontlik
met die samewerking van ons
talle vennote naamlik Graan SA,
John Deere, Engen, Monsanto,
Cipla, MWeb, Forum Homini,
Afgri, NWK, Fort Knox,
Hinterland en Nedbank.
Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario
NA DIE NASIE,
MET DIE NASIE
“Nasie in Gesprek is ’n gesprek “na
die nasie, met die nasie” - dit is die
boodskap van Senwes Groep Hoof
Uitvoerende Beampte, Francois
Strydom, oor dié gewilde program.
Francois is veral beïndruk
met die area wat dit bereik het
en natuurlik oor al die positiewe
terugvoering oor die reeks. “Dit
is baie groter as wat ons ooit
gedink het.” Hier verwys hy na
die impak op alle Suid-Afrikaners,
55 miljoen om presies te wees.
Met slegs 30 000 produsente
in ons land is hierdie produsente
“relatief onbekend” aan die
massas. “‘n Groot deel van ons
landsburgers woon in stedelike
gebiede. Hulle glo kos kom van die