A R E A F O K US
16th day of September.” ‘n Pont
is gebruik om die rivier oor te
steek voordat die brug gebou is.
BESIGHEDE
Besighede in en om die dorp sluit
in die Hinterland Senwes Village
tak se blink nuwe winkel, wat in
styl op 22 Oktober vanjaar geopen
is. Uniek van die dorpie is dat daar
ses trekkeragente besigheid in die
dorp bedryf, wat John Deere en
vyf ander groot verskaffers insluit.
Ander besighede sluit in
Elko Implemente, Hoopstad
Trekkers, MBM Meganisasie, JME
Trailers, Vetrivier Boere Dienste
en natuurlik die Golden Peanuts
grondboneverwerkingsaanleg
op die dorp.
DIE OU BEKENDE SPOTPRENT
Hoopstad Hotel is veral ‘n baken
in die dorp. Aan die buitekant
sien jy nog ‘n gedeelte van Ben
van die ou Ben, Babsie en Familie
strokiesprent van Keith en Lorna
Stevens. Suid-Afrikaners is baie
bekend met dié spotprent van
‘n middelkas familie wat in
Hoopstad gewoon het en jare
lank die lief en leed van Ben,
Babsie, Tant Minnie, Rooinek
en die talle ander karakters
gedeel. Die strokiesprent was
vanaf die stigting van Rapport
in 1970 deel van die koerant, en
is in 2006 vaarwel toegeroep.
Interessant is dat die
voormalige tennisster,
Amanda Coetzer, oftewel
‘The Little Assassin’ soos
sy bekend was, en op
haar dag die nommer 3
gekeurde tennisspeler
ter wêreld was, ook van
Hoopstad afkomstig is.
OUDHEDE IN DIE DORP
IS DAAR BESLIS
Daar is ‘n aantal ou kerke op
die dorpie. Die NG Kerk
Hoopstad is in 1891 deur oud
President FW Reitz ingewy. Die
kerk is ook ‘n trotse nasionale
gedenkwaardigheid en die
woorde “Christus Jezus die onse
Hoop” word duidelik vertoon,
wat duidelik ook spesifiek op
Hoopstad van toepassing is.
Daar is handtekeninge van
soldate in die kerktoring wat
tydens die oorlogsjare in die
muur uitgekerf is. Nog ‘n
kerk, naamlik die AP Kerk,
is in 1990 gestig en staan
ook sy plek vol in die dorp.
‘n Ou kruithuisie, wat deur
winkelier en wapenhandelaar
PH Japhet opgerig is as
ammunisiestoor, staan nog
agter die silo’s in die dorp.
Die geskiedenis vertel ook
van Hoopstad se kinderheld,
Japie Greyling, wat die Engelse
soldate met “skiet my maar
dood” geantwoord het toe
hy nie wou verklap het waar
die kommando is nie.
DIE PRODUSENTEGEMEENSKAP
Die produsente word
ondersteun deur die HoopstadSuid Boereverening. Die tak
het 80 tot 90 aktiewe lede en
die voorsitter is Hentie Helm.
Senwes is baie betrokke by
die vereniging en het gehelp
met die oprigting van die
vereniging se konferensiesaal in
2007. In 2013 het Senwes ook
‘n Toyota dubbelkajuitbakkie
aan die vereniging geskenk,
wat vir gemeenskapsbeveiliging
gebruik word.
DIE UNIEKHEDE
‘n Boer van die geweste,
•••
Jontie Taljaard, vertel dat die
area uiters uniek is. Eers was
dit kameeldoringboomwêreld
en ontbossing het eers later
plaasgevind. Ploeglande op groter
skaal het in 1940’s begin. Die
boer vertel van die teorie van
windskade wat veroorsaak word
deur een korrel wat twee korrels
tref en daardie twee korrels nog
vier tref en die situasie so vererger.
Stoppels word dus op die land
gelos om te help keer dat die
grond weggewaai word. Die area
sukkel met grondverdigting en
die oplossing daarvoor, naamlik
die ploegskaar, het in die 1980’s
gekom. ‘n Studiegroep van Allen
Benny van die UV was daardie
tyd baie aktief in die omgewing.
Diepripversteuring kom
wyd voor, wat help met vog- en
wortelpenetrasie. In 1987 is
nog ‘n deurbraak gemaak met
‘n prototipe rolstaaf wat Errol
Read van Viljoenskroon gebou
het nadat Andries Botha ‘n
soortgelyke implement in Israel
gesien het. Die staaf is toe vir
boere Martiens Prinsloo, Jan
Brink en Jontie Taljaard gebou.
In 1989 volg spoorverkeer,
asook groter trekkers wat later
uitkring na buurdistrikte.
DIE HOOP IS IN DIE GROND
In Hoopstad en omliggende areas
is die keerlaag sowat 1.5 meter
tot 2.2 meter onder die oppervlak
van die aarde. Hoewel droog
bolangs, is daar water en hoop
wat onder die aarde versteek is.
Met storms en wind wat
bolangs woed, is dit ook hoe
ons geloof meestal getoets
word. Net soos die gewasse en
ook die mense van die dorp,
is hul geloof diep gewortel
en as ons wortel eers by God
uitkom, kan die storms van
die lewe oorkom word.
SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016
17