•••
AREA F OK U S
Hoopstad
GEE JOU STOF TOT NADENKE
DROOG, WINDERIG, WOESTYNWÊRELD - DIS DIE
WOORDE WAT IN JOU GEDAGTES OPKOM AS JY
DIE HOOPSTAD AREA BINNEKOM. DIE PAD IS
SKAARS SIGBAAR OP PLEKKE SOOS STOF DIE PAD
VERSWELG. MAAR DIE SPREEKWOORD LUI, “MOENIE
ʼn MENS OP SY BAADJIE TAKSEER NIE.” AUBREY KRUGER
D
ie dorpie Hoopstad self
is klein, maar het ‘n ryk
geskiedenis en erfenis wat die
gemeenskap in hierdie oënskynlik
geharde gebied help vorm.
BEGIN BY DIE OORSPRONG
Volgens die geskiedenis het die
Volksraad in 1862 versoek dat
‘n dorpie hier aangelê word.
Die stigting van ‘n dorp tussen
Winburg, Kroonstad en Boshof
is in 1873 bespreek. Die jaar
daarna is daar besluit om ‘n dorp
op die plaas Kameeldoorns tot
stand te bring. Die prys is bepaal
op R3 000 en ‘n gedeelte van
H.A. van Zyl, oftewel Groot
Maans, se plaas is gekoop.
HOOPSTAD WORD VERNOEM
Meeste dink die naam kom
van die woord “hoop” af. In
werklikheid is die dorp vernoem
na ene meneer A.P. Haupt, wat
die landmeter was en die eerste
opmeting van plase en erwe
gedoen het. Haupt, as dit vertaal
word, beteken eintlik hoofstad.
’n Aantal erwe is op 4 en 18
April 1875 geregistreer en die
dorp is Hoopstad genoem.
NG Kerk Hoopstad
16
Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario
BEESWÊRELD
Soos jy die dorpie binne ry word
jy begroet met ‘n muur wat aandui
dat Hoopstad Afrikanerbeeswêreld
is. Dit verwys na die gebied waar
dié beesras altyd wyd voorgekom
het en waar die Vetriviervleie goeie
weiding verskaf. Die Vetrivier
vloei net agter die dorpie verby
en loop so 20 km hiervandaan in
die Vaalrivier (Bloemhofdam) in.
Hoopstad is die mekka van die
Afrikanerbeesras en Martin Ras is
een van die grootste beesboere in
die omgewing, alhoewel daar ook
baie fokus op mielies en wild is.
BRÛE
Wanneer ‘n mens oor die “nuwe”
brug ry, is die oorblyfsels van
die eerste brug, wat in 1912
deur die oud Eerste Minister,
generaal Louis Botha, ingewy is
nog sigbaar. Interessant is dat Ene
Grunow selfs ‘n gedig oor dié dag
geskryf het. “A day we all should
remember, when Botha he came,
this man of gr X]