•••
HA N D E LSN U U S
Saamstaan op Hoopstad
staan uit vir Danie
EG SUID-AFRIKAANSE
SPESIALISTE
VIR DIE GRAANVERKRYGER IN
HOOPSTAD, DANIE PRETORIUS, IS
DIE SAAMSTAANKULTUUR IN DIE
OMGEWING REGTIG IETS UNIEKS. VRA
JY HOM VERDER UIT OOR DIE DORP
EN SY MENSE, SOM HY OP DAT DIT ‘N
“VRIENDELIKE GEMEENSKAP IS WAAR
MENS GOU GEMAKLIK VOEL.”
HOLLARD AGRI IS ‘N EG SUIDAFRIKAANSE SPESIALIS
LANDBOU KORTTERMYNVERSEKERINGSMAATSKAPPY WAT
SEDERT SY ONTSTAAN IN 2007
‘N BELANGRIKE VERSKAFFER VAN
LANDBOU- EN LANDBOUVERWANTE
VERSEKERINGSPRODUKTE IS.
V
olgens Danie kring die
uniekheid verder uit
dat dit ‘n buitegebied is waar
plaaslaai baie belangrik is.
Hy ken sy werk al goed en
dit is geen wonder nie dat hy
in 2016 sy 20ste jaar in die
sektor sal aanpak.
Danie het baie
Danie Pretorius
ondervinding.
Hy het nie tyd gemors nie en direk na skool
in 1996 as ‘n junior graangradeerder by die
grondboneaanleg in Wesselsbron begin. Daarna
het hy as senior gradeerder na Wesselsbron
Silo geskuif en is later as Hulpsilobestuurder
by Schoonspruit Silo aangestel, gevolg deur ‘n
aanstelling as Silobestuurder by Wesselsbron en
Graanverkryger in Odendaalsrus. Hy is reeds
vir die afgelope 10 jaar op Hoopstad gevestig.
Dié man wat baie van bootry en ander
watersport hou, vertel sy werk is baie vervullend en
dat daar elke dag nuwe uitdagings is. Om dit te staaf
spog hy ook met die 2014/2015 Graanverkryger
van die Jaar-toekenning wat in sy kantoor pryk.
Sy ywerigheid is ook daarin te bespe