KO L L IG
BESTUURSPRAKTYKE
Koos het sowat nege jaar
gelede begin om verdere
bestuurspraktyke op sy plaas in
werking te stel om sy risiko’s te
bestuur. Dit het gelei tot groter
begrotingsbesparings. Hy is ook
van plan om hierdie praktyke
uit te brei. “Ek maak die som
dan net soveel makliker.”
ek dié produk ondersteun.”
Volgens hom is groen die beste
en die diens en naverkopediens
is uitstekend. Wat vir hom
lekker is, is dat die produkte
saamloop - “Jy ‘plug’ net in
en die produk loop saam.”
WILD AS VERTAKKING
Die Barnards fokus die afgelope
twee jaar ook op eksotiese wild
instede van beesboerdery. Hulle
het afgeskaal tot slegs 50 beeste.
Die basiese redes is dat hulle
sowat 40 beeste op 400 hektaar
kan aanhou en die drakrag is
dus 1/10, terwyl jy baie meer
wild kan aanhou. Hulle het
juis ‘n paar jaar gelede na groot
wildboere op Kroonstad gaan
•••
luister, waar Danie Minnaar,
Voorsitter van die Senwes
direksie, ook teenwoordig was.
“As jy die som gaan maak,
regverdig ons aantal hektare
nie beeste nie,” sê Koos se
seun, Abraham. Hulle het in
‘n paar kampe met sowat 19
swartwitpense, 60 letswes,
20 njalas en 20 rooibokke.
Dan het hulle ook ‘n 800
hektaar wildsplaas tussen
Boshoff en Kimberley, waar
hulle ‘n paar honderd stuks
wild (sowat 300 tot 400) het,
naamlik koedoes gemsbokke,
waterbokke, rooibokke,
blesbokke, asook kameelperde.
AANPLANTINGS
Die Barnards glo 100% in
dieprip- en stoppelbewerking,
hulle karteer en pas
varieerende toedienings
van kunsmis toe. Hulle het
sowat 3 000 hektaar tot hulle
beskikking en ploeg volgens ‘n
oorlêstelsel. Hulle doen dit al
die afgelope 15 jaar en is baie
doeltreffend met vogbestuur.
Die opbrengste spreek vanself.
Daar is net nie ‘n vergelyking
met ander metodes nie.
Hulle het vanjaar tot 7.5
ton per hektaar vir mielies
gekry en 3 ton per hektaar
vir sonneblom en sojabone.
Doen so voort, Barnards van
Hoopstad op julle Vlakplaas!
SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016
11