•••
KO L LI G
LEUSE
Getrou volg die Barnard
familie die 4 B’s, naamlik
beplan, bestuur, betrokke en
betyds. “Om ‘n sukses van
boerdery te maak moet jy
altyd beplan en nie sit en wag
tot op nommer 99 nie.”
WERKERS
Daar is 18 werkers op die plaas,
waar hulle toegang tot water en
krag het en dan is daar ook vir
hulle songeisers ingesit. Daar
is ‘n plaasskool by Ysna waar
die plaaskinders skoolgaan.
Oorpakke en skoene word aan
die werkers voorsien en hulle
het ook ‘n prestasiebonusstelsel
wat as aanssporing dien.
“
GETROU VOLG DIE BARNARD FAMILIE DIE 4 B’S,
NAAMLIK BEPLAN, BESTUUR, BETROKKE EN BETYDS.
“OM ‘N SUKSES VAN BOERDERY TE MAAK MOET JY
ALTYD BEPLAN EN NIE SIT EN WAG TOT OP
NOMMER 99 NIE.
OOR GELOOF
“Jy moet saam met die
Here boer, anders kan jy
maar los. Alles is in die
Here se hande.” Hulle
vier graag as gelowiges
saam Kersfees. Eenmaal
per jaar kom almal hier
byeen en volgens hulle
“werk dit soos ‘n bom”.
”
OOR DIE REËN
Koos vertel dat hulle
hul lande regkry en dan
net wag vir die reën. Sy
raad aan ander in hierdie
droogtetye is: “Jy moet
reg sit en nie rondskarrel
nie. Die venster is so klein.
Jy moet haak, saad gooi,
plant en klaar plant.”
SENWES VERBINTENIS
Koos sê dat hy afhanklik is van
Senwes. “Ek he