KO L L IG
Baie diepte
•••
op hierdie Vlakplaas
OP DIÉ VLAKPLAAS, DIE EEN NET BUITE HOOPSTAD,
BOER DIE BARNARDS, MET KOOS BARNARD AAN
DIE STUUR VAN SAKE. SOOS JY AANGERY KOM,
BEGROET DIE RYE HONEY LOCUST EN DENNEBOME
JOU WAT JOU REGUIT NA VLAKPLAAS NEEM.
O
or die naam van die
plaas “Vlakplaas” lag
Koos net. Dié familieplaas is al
vanaf 1933 in hulle besit en die
naam het saam met die plaas
gekom, wat deur sy pa, Adam,
tydens die droogtejare by twee
Jode gekoop is.
Koos het ook ‘n interessante
begin gehad toe hy juis op 6
April, dieselfde dag waarop
Jan van Riebeeck aan die Kaap
geland het – net 294 jaar later
- sy opwagting gemaak het.
FAMILIE
Die 69-jarige Koos boer saam
met sy drie seuns Janes (42),
Abraham (39) en Kobie (33). Hy
is al vir amper 46 jaar getroud
met Elize en hulle sal dié mylpaal
in die nuwe jaar op 31 Januarie
gedenk. Hulle het ook ‘n dogter,
Janalize (41), wat by John Deere
in die buiteland werksaam is,
waar sy verantwoordelik is vir
“ Region Training Delivery”
wat Sub-Sahara Afrika, Indië,
Asië en China insluit.
AUBREY KRUGER
PLAASBEDRYWIGHEDE
Elkeen op die plaas behartig
sy eie afdeling. Janes doen
aankope, verkope en behartig
die kantooradministrasie.
Abraham is met meganika in
die werkswinkel werksaam
en Kobie by die vee, sowel
as by die werkswinkel.
Pa Koos vertel dat hoewel
elkeen sy eie afdeling hanteer,
span hulle saam tydens druk
tye soos plant en stroop, met
ma Elize wat die kospotte
aan die gang hou.
LEES MEER OP BL 10 >>
SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016
9