•••
NUUS
Ken jou Certisure Makelaar
RIKA STOLS
Wat doen jy
by Certisure?
Ek is ‘n
bemarker van
korttermynversekering. My
werk behels kliëntediens, die
werwing van nuwe kliënte en
die instandhouding van die
huidige kliëntebasis/-portefeulje.
Dan doen ek ook hernuwings
van huidige kliënte – om seker
te maak pryse is markverwant
en dat alle nodige items
verseker is – ek gee ook raad
rakende kliënte se behoeftes.
Hoe het jou loopbaan
gevorder tot nou?
Ek het in 1995 by
NWK Lichtenburg se
12
Versekeringsafdeling begin werk
tot Julie 2004. Ek het toe by
Certisure in Klerksdorp begin
werk as makelaarsassistent en
so twee jaar by Korporatiewe
Versekering. Ek het op 1
Maart 2014 die makelaarspos
in Bothaville gekry.
Waar is jy gebore en waar
het jy groot geword?
Ek is in Klerksdorp gebore en
het in Stilfontein grootgeword.
Waar het jy skoolgegaan:
Laer- en hoërskool?
Laerskool Driefonteine en
Hoërskool Stilfontein.
Hoe sien jy jou toekoms
binne die maatskappy?
Ek sien ‘n goeie positiewe
Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario
toekoms by Certisure in
my huidige posisie. Dit is
my passie om met mense/
kliënte te werk en om hul
behoeftes te bevredig.
Wat is die beste raad wat jy
aan jou kliënte sal gee?
Goedkoop koop is duur koop –
maak eerder seker die versekerde
het die regte dekking om in
dieselfde finansiële posisie te
wees na ‘n verlies as daar voor –
eerder as om ‘n goedkoop prys
te betaal vir beperkte dekking.
Wat doen jy in jou vrye tyd,
het jy enige stokperdjies?
Ek spandeer graag tyd saam
met familie en vriende,
hou van die buitelewe en
verkeer graag sosiaal.