die koshuis. Om tradisies te hê, om goed as koshuis saam te kan doen en al die lekker soos om jou buurvrou nie net te ken as die meisie wat langs jou bly nie. Ek glo ons moet dit nou geniet en alles inneem, want dit gaan nie meer daar wees vir ons kinders nie al wat ons dan gaan hê is die stories.
Die skakeltoer was ʼn reuse sukses en ons kan net hieruit weer besef dat ons soveel dankbaarheid en trots kan hê vir ons NWU en die koshuis lewe wat ons nog kan ervaar.