Gedurende die skakeltoer het die prim`s, koshuisraad, UK en SR die volgende universiteite besoek: UCT, Stellies, TUKS en vaal kampus NWU. Die skakel toer neem ongeveer 6 dae.
Ek het ʼn onderhoud met ons Prim, Jossie Steyn, gevoer om meer uit te vind oor haar ervarings gedurende die skakeltoer.
Wat het jy by ander universiteite gesien wat die NWU kan implementeer?
UCT het ʼn baba huis , so studente of ouers wat reeds kinders het , hoef nie te bekommer dat dit hulle studies gaan beïnvloed nie. Wanneer jy klas het vat jy net jou kind soontoe en jy loop klas met ʼn geruste hart.
Wat het die NWU wat ander universiteite nie het nie?
Verseker ʼn student lewe, ons kan so dankbaar wees vir goed soos blikkieskosdag en environmental week. Dit voel partykeer verskriklik, maar dit maak ons kampus en bind ons studente. Ons kan dankie sê vir ons koshuise, dat ek in ʼn plek bly waar mense my naam ken.
Watter koshuise het julle besoek?
Ons het by TUKS vir Mageretjie besoek of nou beter bekend as HOUSE mags. In Stellies was ons by Eendrag.
Hoe verskil ons koshuislewe van hulle s`n?
Daar is ʼn groot verskil in die koshuislewe. Soos byvoorbeeld hulle werk op ʼn waarde sisteem, jy moet sekere waardes hê en dit nastreef. Die meerderheid van hulle tradisies het al weg geval. Hulle het wel nog name vir hulle eerstejaars wat ons nie mag hê nie.
Wat was jou hoogtepunt van die toer en hoekom?
Sonop, hoe soveel student besluit het “flip” dit, ons gaan dan op ons eie en hoe hulle dus sulke tradisie ryke koshuis is. Dit het my skoon hoendervleis gegee.
Het jy enige iets nuuts geleer of besef tydens die toer?
As daar iets is wat ek van die toer terug gebring het is dit dankbaarheid vir my KOSHUIS en my Kampus. Ons is so bevoorreg om nog sussies te hê in