Die vraagstuk bly druis op die naaktheid van my lippe
Hoekom blyk my spieëlbeeld so duidelik na jou?
Na jou dooie klanke wat soms in my ore kom dans het.
Na die geel kleurige gevoel van jou op my donkerste gehuime.
Na jou perfekte godelose oë
En hoe jy dit so goed kon wegsteek.
Waarom staan jou seer steeds agter die blou skakerings van my oë?
My oë wat sweer om volmaaktheid in jou lag te kon hoor.
My oë wat wou oopmaak met die uitsig van jou eerlikheid.
My oë wat meer as een van haar in jou spieelbeeld moes sien
Sonder om te traan.
My spieëlbeeld was gebroke stukkies van jou.
Van jou hart wat kon sweef op die ritme van die ewigheid.
Van jou stem wat kon rond huppel op my vel
en jou voete wat so maklik van my af kon weg stap.
My spieëlbeeld is ‘n vester
en jy staan daar agter.
Donker so die see op daai perfekte somersaand,
maar my beeld al hoe sagter.