SANDkoerant 4 | Page 9

Eerstejaarsindroom; selfstandige naamwoord. “Eer-ste-jaar-sin-droom” is wat baie mense klassifiseer as ‘n mite. Dames, ek’s hier om julle te vertel dat dit, ongelukkig, een moewiese waarheid is. Maar moenie vrees want hier is ‘n paar riglyne wat jou gesond kan hou teen die sogenoemde “siekte”.

BLY WEG van die Voorhuis se slaptjips. Ek belowe jy gaan daar ingaan en daaraan dink om ‘n lekker R14 slaaitjie koop, maar ons altwee weet jy lieg vir jouself. R11 vir ‘n medium-sized bakkie tjippies? Wat wil mens dan meer he na ‘n slegte dag of as jy ‘n lang, laat aand gehad het die aand voor die tyd.

Ja, Chicken Licken voel soos ‘n reenboog na die rowwe storm as jy uit Bourbons uitloop, maar het jy geweet dat een Chicken Licken burgertjie 421 kaloriee in het? Klink nie soos baie nie, maar dit gaan jou ‘n uur se draf of ‘n 40 minute se intense gym sessie neem om dit af te werk (en dis SONDER al die Gummy Specials.)

MAAR ek het ‘n paar oplossings wat koshuis-vriendelik is wat kan help.

Oplossing nr. 1: ‘n Springtou is jou BESTE maaitjie. As jy elke aand ‘n vinnige 15 minute-sessie kan inwerk, is jy op die regte pad.

Oplossing nr. 2: Kry ‘n paar ander meisies in die koshuis wat ook vrees vir die sindroom wat saam jou kan draf na julle 4 uur klas, net voor vergaderings. (Net nie op Overs se gras nie, vat die hoofkampus roete.)

Oplossing nr.3: Die ontspanningssaal op jou gang is nie net gerieflik vir leer nie, maar ook vir ‘n paar burpees of jumping jacks. Maak net seker jy’s dan alleen, ons almal weet dis nie ‘n mooi prentjie nie.

Oplossing nr.4: ‘n Paar ab-oefeninge in jou kamer voor jy in die stort in spring is ook altyd ‘n wenner.

Oplossing nr.5: DEEL JOU KOS! Ja, jy’t reg gelees. Halveer daardie slider meal 4. Halveer porsies= halveer kaloriee= spaar geld. Ideale wen-wen(-wen?) situasie!

Al is daar ‘n handjievol voordele aan eerstejaarssindroom soos meer assets wat jou klere dalk bietjie mooier gaan laat pas rondom sekere areas, but don’t be fooled. Die realiteit tref mens gewoonlik eers rondom Junie vakansie wanneer jy eers besef omdat al die familielede die, “Sjoe, maar mens kan sien jy word darem goed gevoer daardie kant!” gesprek voer.

Dames, wees gewaarsku. Dit GAAN jou bekruip soos ‘n boef in die nag. As jy die wenke volg, kan ek jou amper waarborg dat jy nie nog ‘n slagoffer sal wees nie!

-Entu