SANDkoerant 4 | Page 8

Kan jy beskryf wat jou eerste gevoel was toe jy die koshuis vir die eerste keer binne stap?

Ek was so benoud, ek het nie geweet wat my getref nie! Alles was net so oorweldigend.

Ek was nie op skool in 'n koshuis nie, so ek het glad nie geweet wat dit behels nie.

Hierdie 'volwasse dames' wat my so ewe groet op my naam en van.'n Piepklein kamertjie en ek mag nie die huisbak gebruik nie (selfs nie om in te trek nie). Die rooi klere wat die mense wil hê ek moet dra en dan verwag hulle ook nog dat ek in die aande moet gaan kyk hoe ander mense sport speel!

Min het ek geweet van die wonderlike vyf jaar wat op my wag en die groot impak wat hierdie koshuis op my lewe gaan hê.

Wat is jou gunsteling koshuistradisie?

Karlien-verjaar is by verre my gunsteling tradisie. Dit maak dit ekstra spesiaal dat ons die enigste koshuis is wat 'verjaar' (en dit aan die hele kampus en buite wêreld verkondig) en dit is kwaliteit tyd wat ons meisies saam spandeer. Daar is soveel lekkerte daarin:, van waterwurm en middagete op die gras, tot It's Raining Men. Dan is daar is nog elke jaar die verrassingselement wat die Prim inbring om hulle stempel af te druk. Een groot lekker pret dag vir Karlieners!

Wat is die lafste ding wat jy al gedoen het in die koshuis?

Dit is nie noodwendig nie lafste ding nie, maar op daardie stadium was dit skreeusnaaks. In my eerstejaar het ons n hele paar keer gaan blikskud vir verskeie komitees. Elke blikskud het natuurlik gepaard gegaan met die gewone tradisies van snaaks aantrek en so voorts. Die laaste keer wat ons gaan blikskud het was dit in Krugersdorp. Minwetend van al die boemelaars in die omgewing. Ons was net goed opdreef met die insameling, toe bestorm n groep boemelaars ons. Hulle het ons gejaag tot ons in die kar is en met n spoed daar wegtrek. Ons was vreesbevange.

Watter herhinnering van die koshuis is vir jou die kosbaarste?

Sonder enige twyfel my HK- termyn saam met die kosbaarste mense. Ons het soveel bymekaar geleer en saam as n span gegroei. Ek sou die ervaringe wat ons gehad het met niemand anders wou deel nie en sal wat wou gee om dit weer saam met hulle te beleef!

Nog 'n baie kosbare herninnering wat ek kan uitsonder is al die tye saam met my 12 Carissimo-baba's. Ek is só dankbaar vir al die tye wat ek saam met hulle gehad het. Van Wakaberry-dates tot stil-word na n besige dag. Ek het by elkeen van hulle soveel geleer wat ek vir die res van my lewe sal koester.

Waar sal jy jouself graag bevind in die volgende tien jaar?

Sjoe, hierdie is 'n kopkrapper, maar tog groot genoeg om vir hoër hoogtes te mik.

Eerstens: As dit die Here se Wil is, sal ek graag binne die volgende 10 jaar my trouman wil ontmoet. En nog beter as mens reeds dan met 'n gesin van jou eie kan begin. Die Here het my regtig geseën met my droomwerk, by my droomskool én droomgraad. Ek wil regtig alles in my vermoë doen om myself sover as moontlik te bevorder in my beroep. Hulle sê mos jy is nooit te oud om te leer nie

Watter raad sal jy graag vir jou mede en toekomende karlieners gee?

Wees oop vir alles wat na jou kant toe kom. Daar gaan tye kom wat jy gaan sukkel om jou kop hoog te hou, maar ek kan jou belowe dis die moeite werd. Gryp elke geleentheid aan, want voor jy jou oë uitvee is jou studentedae iets van die verlede. Vind jou doel in Karlien en wees reg om as 'n volwaardige dame hier uit te stap.

-Tri