SANDkoerant 4 | Page 10

Om ’n nuwe HK te verkies is elke jaar ’n opwindende geleentheid. Hier is ’n paar interessante feite oor ons nuwe leiers:

1.Waar is jy gebore?

2.Wat is jou gunsteling Voorhuis dis?

3.Wat is jou gunsteling plek op kampus?

4.Wat is jou gunsteling uithang/kuierplek?

5.Hoe het dit gebeur dat jy Karlien toe gekom het?

6.Wat is die moeilikste deel van HK wees?

7.Wat is die rede vir jou bynaam?

8.Wat onthou jy van jou eerste dag in Karlien?

9.Met watter Disney-prinses assosieer jy?

10.Wat is jou gunsteling seisoen?

11.Waarheen sou jy graag wou reis?

12.Watter ongewone vaardigheid het jy? (bv. hekel, mondfluitjie speel, kan jou wenkbroue apart beweeg, ens.)

Jolanie Pops Holtzhausen

1.Krugersdorp.

2.Mac & cheese.

3.Definitief die Calvyn.

4.Bourbons se vasdans deel.

5.Ek het eers nie plek gekry nie. Die dag wat ek by Unilofts kontrak moes teken, het Lynese gebel en gesê ek het plek gekry.

6.Om die balans te vind tussen studies en HK werk, want beide is ewe belangrik.

7.Ek is vernoem na Lezanne (Staan) se ouma, ouma Poppie, omdat sy baie naby aan my bly en omdat sy een van hulle HK “posts” op Facebook “gelike” het terwyl hulle besig was met my vorm.

8.Dat ek by die agterdeur ingeloop het in plaas van die voordeur en die hele HK omgedraai het soos een man omdat hulle eintlik verwag het dat ek by die voordeur sou inkom.

9.Sleeping beauty – ek is mal oor slaap.

10.Lente.

11.Mauritius.

12.Ek kan blokfluit speel.

Arina Trovert Potgieter

1.Lydenburg, Mpumalanga.

2.Hmm, jalapeno rissoles.

3.Ons grasperk.

4.Mens sê dit seker nie vir ander mense nie, maar Boerebar (Mystics ook).

5.Dit was my top drie op my aansoekvorm, toe bid ek kliphard dat ek moet inkom.

6.Alles is so lekker, dis moeilik om aan iets sleg te dink. As ek nou moet sê, sal dit min slaap wees.

7.Ons onderprim het gevra of ek ’n introvert of ’n ektrovert is. My antwoord was EKStrovert. Dit lyk toe's asof daar staan “ek’s trovert”. So ek het myself ’n naam gegee.

8.Mens is so opgewonde om nuwe mense te ontmoet dat ek en my nuwe vriendinne op DHM se banke gelê en “chat” het, waaroor ons later lelik uitgehaal is!

9.Fiona van Shrek, want die aand-gesig is nie vreeslik mooi nie.

10.Lente! Alles is so mooi en skoon.

11.Rome.

12.Ek kan die geluid van ’n kalkoen maak.