Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Zander: “Ons het in die kerk by ‘n vergadering ontmoet waar daar reelings getref was oor die strandiens waarheen ons sou gaan daardie jaar. Ek het langs haar gaan sit en ek kan onthou dat sy het ‘n blou jean en ‘n grys hoodie aan gehad het.”
Hoe het jy haar uitgevra en wat was al die beplanning rondom die groot oomblik?
Zander: “Ek het die oggend al begin soek om vir haar ‘n teddie beer te koop en ek het na Toys R Us toe gery en vir haar ‘n teddie gaan koop. Ek het haar gebel en vir haar gesê ek het ‘n verrassing en ek sal haar graag later vanmiddig wil wys. Later die middag het toe aangebreek en ek het haar gaan optel met die teddie weg gesteek in my kar. Toe ons in die kar was het ek haar gevra of sy sal omgee as ek haar blinddoek en ek het dit toe gedoen. Ek het toe gery na ‘n uitsig toe, uitgeklim, omgeloop en haar aan die hand gelui tot waar mens die uitsig die mooiste kon sien terwyl die teddie onder my ander arm was. Ek het toe vir haar gesê sy mag maar die blinddoek afhaal en toe het ek vir haar vertel dat sy oulik is en spesiaal is en dat ek baie van haar hou. Ek het haar toe gevra of sy my dame sal wil wees en die teddie beer aan haar oorhandig en toe sê sy ja.”
Wat is haar mooiste fisiese eienskap?
Zander: “Ek hou baie van haar oë en haar glimlag.”
Wat is haar mooiste innerlike eienskap?
Zander: “Haar sagte hartjie wat omgee vir almal en alles en die vermoë het om altyd die beste in almal en alles raak te sien.”
Wat het jy al voor haar gedoen wat jou vreeslik laat skaam kry het?
Zander: “Ons was nog nie baie lank saam nie en ek het bestuur in die kar. Dit was koud so ek het ‘n trui aan gehad, dit was toe warm in die kar en ek wou my trui uitrek en ek het dit gedoen terwyl ek stadig aan bestuur het. Toe ek my trui uittrek toe kom my hemp eweskielik saam en toe sit ek daar en bestuur sonder ‘n hemp en ek wou hom aantrek vining maar die seatbelt het dit net nog moeiliker gemaak.”
Wat is jou liefdes naampie vir haar?
Zander: “Oempie of liefie.”
Beskryf haar in drie woorde?
Zander: “HART VAN GOUD!”
Wie beheer die televisie se “remote”, jy of sy?
Zander: “Niemand spesifiek regtig nie, ons probeer maar beurte maak om te kies wat ons kyk maar meeste van die tyd sê sy ek kan maar kies.”
Wat is julle gunsteling “date” / aktiwiteit saam?
Zander: “Enige iets wat ons toelaat om lekker te gesels en te bond soos uiteet en lekker gesels.”
Wat is die oulikste ding wat sy al vir jou gedoen of gesê het?
Zander: “Om een te kies is bietjie moeilik want daar is ‘n paar, maar as ek moet kies is dit die ding wat sy gesê het toe ons ‘n diens by die kerk gehad het oor hoe ‘n man van God moet wees teenoor die vrou en hoe hy haar moet hanteer. Sy het toe vir my gesê sy is baie gelukkig want ek is so ‘n man. Dis net een keer daar is regtig baie meer oulike goed.”