SANDkoerant 4 | страница 4

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Mirr: ”Ek het hom die eerste keer gesien toe ons vergadering gehad het vir ‘n kerk kamp waarop ons albei sou gaan. So in sy kerk.”

Hoe het hy jou uitgevra?

Mirr: “Hy het my gevat om te gaan liggies kyk en my toe uitgevra met ‘n teddie.”

Wat is sy mooiste fisiese eienskap?

Mirr: “Sy blou oë.”

Wat is sy mooiste innerlike eienskap?

Mirr: “Hy wil net altyd almal help.”

Wat het jy al voor hom gedoen wat jou vreeslik laat skaam kry het?

Mirr: ”Hy vertel vir almal dat ek die eerste sy hand vas gehou het, WAT ONWAAR IS.”

Wat is jou liefdes naampie vir hom?

Mirr: “Liefie, engel of vettie”.

Beskryf hom in drie woorde?

Mirr: “Baie liefdevol, geduldig en slim.”

Wie beheer die televisie se “remote”, jy of hy?

Mirr: “Hy ongelukkig.”

Wat is julle gunsteling “date” / aktiwiteit saam?

Mirr: “Eet en movie kyk.”

Wat is die oulikste ding wat hy al vir jou gedoen of gesê het?

Mirr: “My favourite is as hy vir my sê ek is sy trouvrou en gedoen, wow hy doen elke dag so baie. Hys net altyd ‘n gentleman... na drie jaar maak hy nogsteeds die kar se deur vir my oop en as ek vir hom gaan kuier met my eie kar ry hy agter my aan om seker te maak dat ek veilig is.”

Baie geluk aan hierdie maand se Couple van die maand, Mirr en Zander. Ek dink Zander se gesig is al vir ons almal bekend na al sy besoeke aan ons voorportaal. Ons almal sien uit om julle liefdes verhaal te lees.

-Palm