Jy meet jou geluk met die hoeveelheid mense wat rondom jou glimlag, want jy het vergeet hoe dit voel.
Jy hoor elke nou en dan hoe jou hart verder kraak nes n been wat breek, want dis die tipe seer wat jou binneste laat huil.
Trane stroom deur die krake van jou hart, maar jy wys die wêreld dat jy sterk is al lyk jy verniel.
Hulle se vir jou dit gaan beter word, maar as dit werklik so was, hoekom bou jy mure om die stukkie wat oor is van jou hart.
Die lewe wat jy loop is vol doring paadjies en dis moeilik en dis nie meer lekker nie.
Maar jy gaan okay wees en wragtig dis nie die ideaal nie, want niemand wil net okay wees nie
Maar op die stadium is dit al wat ons het
en ons gaan net okay met dit moet wees
-Fem