SANDkoerant 4 | Page 22

Een van jou eerste aande wat jy in die koshuis slaap as eerste jaar, gebeur die klokfunksie. Hier lui jy die klok een keer en wanneer jy die koshuis verlaat lui jy die klok vir die aantal jare wat jy in die koshuis was. Die hele koshuis is betrokke wanneer die finalejaars hulle beurt het om die klok te lui en baie trane word gepink terwyl die Prim. jou CV en jou kattekwaad doen en late lees voor die hele koshuis.

Borsgroet is ʼn spesiale eienskap wat een van die eerste groep eerstejaars uitgedink het, omrede hulle eerstejaars-HK-lid Cerneels Lourens blind was. Hulle het hulle inisiatief gebruik en elke keer op hulle bors geslaan en hom dan gegroet het om hom te laat besef dat dit ʼn eerstejaar is wat nou verby hom loop. Hierdie aksie gebeur tot vandag toe, waar die eerstejaars hulle hande op hulle bors sit en dan ʼn senior groet op sy naam en die HK lede op hulle naam en van. Wanneer hulle die koshuis groet, asook hulle koshuis vader, dan word daar steeds op hulle bors geslaan.

Stryd Van Die Reuse. Patria se gang sport. Dit is dit die malste en besigste week van hulle jaar, Divan van Wyk (Werwing, MEK, Argief en Publikasie HK lid van 18/19) sê: “Ons gang sport is massive, ons gang trots is massive.” Daar is 4gange in die koshuis, onder andere: Mol’s Hol, Commancheros, Ophiuchus en Pastas. (Jy word in jou eerstejaar ingedeel op ʼn gang en mag slegs met spesiale toestemming van gange verskuif.) Die Stryd Van Die Reuse is ʼn tydperk waar vriende van verskeie gange nie sommer met mekaar praat nie, omdat die kompetisie te groot is. Al die gange kompeteer teen mekaar op elke denkbare vlak. Van beerpong en bargames, atletiek, rugby, squash tot LAN, rolbal, toutrek en selfs in eetkompetisies kompeteer die gange teen mekaar. Elke gang het sy spesiale gang drag wat die week gedra word. Hierdie week is ook die opbou tot Pot en Pons wat ʼn toe naweek is waar die koshuis net lekker saam kuier en verskeie interne tradisies plaasvind.

Rugby speel in Patria ʼn belangrike rol, hulle het al vir 6jaar die rugby beker gewen en neem ook die afgelope 6jaar deel aan die Varsity Cup waar hulle teen Vishuis Manskoshuis speel. Die Blue Bird is die grootste mascot op kampus wat Patria se gelukbringer is. Die Blue Bird ry ook uit op die veld voor elke rugby wedstryd. Patria is ook die enigste koshuis wat hulle eie variasie van die All Black haka doen voor die finale wedstryd se afskop asook wanneer hulle teen Veritas Manskoshuis speel. Na ʼn rugby wedstryd gaan almal na die klubhuis toe waar broederskap verder gekweek word en hulle die bekende liedjie van Bok van Blerk– Ons vir jou Suid Afrika sing. Na ʼn bietjie verwerking word hy “Ons vir jou Oh Patria” waar Bok van Blerk self die verwerking gesing het by Patria July in 2016. Dit het werklik ʼn paar trane laat loop en sal vir lank onthou word.

Trou aksie is ʼn groot sosiale gebeurtenis waarna elke dame kan uitsien. Skei aksie is ook glad nie ʼn realiteit nie, Juandre, Primarius van Patria sê: “Julle is heeltemal te spesiaal en ons sal nie van julle kan skei nie.”

Patria Manskoshuis hou die Sport en die Akademie beker vir die afgelope 6jaar. Hulle het vir die afgelope 2jaar ook 2de gekom met Kunste. Hulle is ʼn baie gebalanseerde koshuis en Juandre sê dat hulle mik om die Kunste beker saam met ons (Karlien) te vat hierdie jaar.

ʼn Paar inwoners van Patria het nou al gesê dat die koshuis op 4 waardes naamlik: trots, broederskap, respek en selfvertroue gebaseer is. Hulle streef elke dag daarna om hierdie waardes uit te leef tot die beste van hulle vermoë. Die koshuis is nie net ʼn gebou wat alles voluit doen nie, maar dit is ʼn plek wat die ‘laaities’ wat daar instap vorm in die manne wat hulle eendag gaan wees. Daar is soveel verskillende karakters van verskillende agtergronde wat saamstaan as een koshuis en een masjien, naamlik die bloumasjien!