SANDkoerant 4 | Page 23

Daar mag nooit deur enige iemand op hulle embleem in die voorportaal getrap word nie. Die manne glo dat jy nie op jou trots trap nie, maar jy dra dit eerder op jou bors naby jou hart. Die eerstejaar op TD of enige inwoner in die voorportaal maak seker dat niemand daarop trap nie. Hierdie is ʼn fisiese uitbeelding van die respek wat hulle het vir hulle koshuis en dat hulle nie oor hulle eie naam loop nie en ook keer dat niemand anders doen nie.

Patria July is ʼn sosiale aksie wat hulle elke jaar aanbied waar daar ‘perderesies’ plaasvind asook verskeie kunstenaars wat optree. Baie studente beskou Patria July as een van die sosiale hoogte punte in hulle studente jare. Glimpse, ʼn musiek groep wat uit 4 manne van Patria Manskoshuis bestaan het, het ook al hier opgetree en vir kunstenaars soos Spoegwolf, Matthew Mole, Theuns Jordaan,Robbie Wessels, Glaskas, Joshua na die Reën en Herman Kleinhans geopen.

Hulle het by Jool 2018 opgetree en ook by Toeka Makiti en Aardklop. In Januarie 2019 bring hulle hulle eerste CD uit.

Juandre, wat reeds klaar gemaak het met sy Honneurs in Bedryfsielkunde sê dat hy vreeslik baie uitsien om te leer by ons (Karlien), “Julle is ʼn sterk gebalanseerde koshuis wat ook presteer op ʼn sosiale vlak. Die manne kan sien hoe Karlien dames dinge doen en ook dat een koshuis nie alles hoef te doen nie, maar dat twee dinamiese koshuise, beide met baie sterk persoonlikhede saam kan werk. Om ʼn middeweg vind tussen albei koshuise is ʼn doelwit want hiermee gaan ons dinge op ʼn nuwe vlak doen wat die kampus nog nie gesien het nie.”

Dames, sien uit na Jool, Trou aksie, eerstejaars konsert en die hele 2019 saam met Patria Manskoshuis.

“Dit is ʼn eer en ʼn voorreg om saam met julle te kan sleep” – Juandre Du Toit.