Dié huis op kampus en dié manne in ons hart.
80/85 Eerstejaars
180 Seniors
265 Mane wat troumateriaal is.
Dames, ontmoet en leer ken julle sleep van 2018/2019!
Die HK:
Juandre Du Toit (Primarius)
Coenie Kruger (O/Primarius)
Okkert Havenga
Divan van Wyk
Douard d’Assonville
Fanie Marè
Faan Nel
Danco Burger
Hannes Strydom
Louis van Deventer
Die BlouMasjien.
Patria is baie bekend vir hulle uniekheid en die feit dat hulle tradisie ryk en tradisie vas is. Hulle broederskap word duidelik gesien in elke man se optrede op verskeie vlakke. Hulle sal by hulle broeders staan ongeag wat op hulle pad kom en net so kan hulle saam baklei en saam huil. Hulle vorm lewenslange vriendskappe wat tydens reünies en die goeie vriendskappe tussen die oud-inwoners gesien kan word. Daar is tradisies vir elke gang, gange teen mekaar, tradisies vir die vleuels, die eerstejaars, vyfdejaars en vir die hele koshuis saam.
ʼn Paar tradisies:
Wanneer jy 21 word in Patria Manskoshuis, kry jou kamermaat die voorreg om jou hare snaaks te skeer vir 24uur en daarna kan jy dit skoon skeer en hy koop dan jou pyp vir jou. Hierdie pyp het dan jou naam, Patria se embleem op asook 21. Die Pyprook is die oudste en bekendste tradisie wat kom van die Afrikaanse gesegde: “Is jy mans genoeg om die pyp te rook?”. Elke HK lid het ʼn Portefeulje-Pyp. Net jy, ʼn oud HK lid met daardie portefeulje asook die Primarius van die huidige jaar mag daardie pyp rook. Hierdie tradisie is glad nie om die gebruik van tabak aan te moedig nie, dit is net een van die tradisies wat al van Patria se ontstaan kom.
-Samp