SANDkoerant 4 | Page 13

Nisha Kryt Heyns

1.Pretoria Oos.

2.Bobotie en rys (dit proe amper soos my ouma s’n) en pynappel.

3.My bed.

4.Music Café en Oukraal.

5.Karlien se voordeur het my laat tuis voel en kom ons jok nie vir mekaar nie, min mense lyk sleg in rooi en swart!

6.Dis moeilik om ’n voorbeeld te moet stel want niemand is volmaak nie. Aan diens wees is ook erg – ek moet soms van ’n kuierplek afkom, afsluit en toesluit, net om dan terug uit te gaan en dan 7:00 die volgende oggend weer vrolik te open.

7.Op my eerstejaarsvorm het ek geskry my gunsteling musiekgroep is F**** Polisiekar. Die HK het toe gesê ek het kras taal en toe aangeneem ek het onKRYT in my taaltuin.

8.Al te goed – ek was doodbang vir die HK en wou net laat almal van my hou. Ek was baie bang, maar opgewonde vir die avontuur. Na so ’n maand in die koshuis, het ek my pa gebel om te sê koshuis is nie vir my nie en ek het klaar ’n woonstel gevind. My pa het gesê die jaar is betaal en ek moet maar uithou...en kyk waar is ek nou.

9.Mulan, want sy is ’n “fighter”.

10.Lente – dis nie te warm nie en nie te koud nie.

11.Daar is te veel plekke – ek is mal oor reis!

12.Ek kan letterlik enige situasie ongemaklik maak en ek kan “secretly” baie goed skaak speel (ek was nasionaal op laerskool).