Ons almal kan nog ons eerstsejaar onthou toe ons deel was van die R&O-program waar alles nuut, verpligtend en redelik nie jou keuse van pret was nie. Maar tog, wanneer is genoeg nou werklik ooit genoeg as ons dan nou vrywilliglik jaar na jaar terug keer vir die ongewone pret? Dalk is dit omdat dit daardie tyd baie lekker gelyk het om een van die seniors te wees wat net kon doen wat sy wou of dalk kan jy nie aanvaar dat jy klaar is met jou eerstejaar nie, gelukkig hoef niemand die werklike rede te weet nie.
Alhoewel jy heelwaarskynlik op ʼn komitee is, gaan jy verseker nie dag en nag besig wees met verpligtinge nie en in die vrye tyd wil jy tog hê dit moet voel soos ʼn vakansie, net terug in Potchefstroom. Daardie tyd van die jaar is bloedig warm en meeste van die tyd word buite spandeer, maak seker jy het ʼn lekker sonhoed, goeie sonskermroom en ʼn waterbottel want jy wil verseker nie op ʼn drip wees omdat jy gedehidreer het nie. So gepraat van die hitte, dit is direk na Desember vakansie so almal gaan paar skakerings donkerder wees en nie meer die `bleek`-verskoning gebruik vir min-klere-aktiwiteite nie. Bring jou swemklere en gunsteling kleurvolle handdoek en kamp dit uit by die dam, die kanaal, op die Ouetehuis te gras of as jy dan nou so bevoorreg is om iemand te ken wat ʼn swembad by sy/haar woonstel het. Daar op die JOOL-plaas is baie
bydraende faktore wat ly tot die insek-epidemie maar om nie te diep in die feite daaragter te krap nie, onthou Doom en enige iets wat jou gaan beskerm of minder lekker proe vir die muskiete.
Almal van ons wat nou al meer as ʼn jaar in Potchefstroom spandeer het, is bewus van die feit dat al wat hier gedoen word drink en eet is. Daarom is dit belangrik om seker te maak dat jy nie met ʼn leë beursie of studentekaart terug keer na die vakansie nie. Jy gaan verseker nie ʼn gunsteling wees as jy al die eerste week van die nuwe jaar alle voorstelle afkeur met die verskoning “ek het nie geld nie”, nie. Gebruik die tyd om al die specials van die Lekker Specials App te eet waarvoor daar nog nooit tyd was nie.
Hierdie kan ook ʼn goeie tyd van die jaar wees vir enkellopendes om dalk iemand, of selfs die een te ontmoet. So rus lekker uit die rukkie net voor jy terug keer sodat jy nie stokflou is en net verpligtinge bywoon en die res van die tyd inhaal op al die movies en series wat jy gemis het toe jy nie jou ouers se Internet daarvoor kon gebruik nie.
Gaan volluit die vakansie, leer nuwe speletjies en aktiwiteite aan om mense besig te hou wat jy hier kan kom uithaal en wys, maak lekker herhinnering en kom hou verder hier vakansie R&O waar jy lekker kan deel en nuwe herhinneringe maak met Karlien sussies en Potch vriende.