SANDkoerant 4 | Page 12

Karla Skiep Gutmann

1.Vereeniging.

2.Wow! Hierdie is ’n moeilike een – ek sou sê hulle pampoentert.

3.Bib se gras.

4.Impala, ek sê nooit nee vir ’n lekker langarm nie.

5.Ek wou nog altyd PUK toe kom en in ’n koshuis wees. Vreemd genoeg was Karlien my derde keuse vir koshuis, maar die Here weet wat jy nodig het en toe beland ek in Karlien.

6.Jou tyd is nie meer joune nie. Daar gebeur baie dinge wat jy nie altyd beplan nie, so jou dag loop nie altyd soos jy gedink het nie.

7.In my eerstejaar het ons onderprim op HK vakansie eers ons CV’s vir die HK gelees en daarna het hulle ’n powerpoint gehad met foto’s van ons om al die name te leer ken. Toe my foto op die powerpoint opkom, toe besef sy dat sy my CV geskiep het en toe word ek Skiep.

8.Dit was verskriklik gewees. Niemand het geweet wat om te doen nie. Ons was heeldag besig met die R&O program en al wat ek wou doen, is slaap, huil en my ma bel.

9.Belle, van Beauty and the Beast.

10.Lente!

11.Oral heen.

12.Ek kan my neus met my tong raak.

Jossie Jolly Steyn

1.Kroonstad, Voortrekker hospitaal.

2.Gebakte groente, pampoentert en enige vleis.

3.Enige dak op kampus met sonsondergang.

4.Hmmm....wel eers Texas en dan Bourbons.

5.Wel, toe ek in matriek was, het ek vier van my seuns pelle, wat toe reeds op die PUK was, gevra na watter koshuis toe ek moet gaan. Al vier het gesê Karlien – ek is ’n tipiese Karlien mesie. Ek het toe opedag toe gekom en nie ’n goeie “experience” gehad by Karlien nie. Die meisie wat my deurgevat het, is binne 5 minute deur die werwings-HK-lid uitgetrap. Ek het toe Karlien my derde keuse gedoen en Liewe Jesus het net beter geweet. Vandag verstaan ek hoekom my vriende gesê het dat ek Karlien toe moes gaan.

6.Die moeilike deel is om nie jou gevoelens te wys nie. Al het iemand seer kan jy nie daardie lyn breek en hulle vertroetel nie.

7.Hulle het op ons vorms gevra wat is jou gunsteling dier en ek het gesê ’n dolfyn. Die HK het dit bespreek en gedink ek is ’n dolfyne “freak” met dolfyne beddegoed, beeldjies en alles. Die HK het hulle HK vakansie in Jeffreysbaai gehad en die kuierplek is Jolly Dolphin. Die HK lid se naam was Jollie, so dit was vir hulle te naby. Hulle wag toe vir R&O. Tydens R&O as hulle met ons geraas het, het ek altyd ’n “smile” op my gesig gesit, want dit was ongemaklik. En toe sê hulle dat die naam pas net by my want ek is Jolly.

8.Ek onthou die klarinet deure wat toegeslaan word. Ek onthou al die trane van die rose wat ons vir ons ma’s gegee het. Ek onthou die gevoel van “behoort aan iets”. En van alles die hitte – dit was ONGELOOFLIK warm.

9.Ek weet nie of sy ’n prinses is nie, maar Brave, die rooikop, kaalvoet, rowwe meisie.

10.Herfs – dis nie warm nie, dis nie koud nie en dis die mooiste kleure.

11.Skotland. Ek hou van hulle tradisies en maniere van dink en dis baie mooi.

12.Ek doen paaldans en my vingers is baie “flexible”.