SANDkoerant 3 | Page 7

Procrastination word deur Wikipedia as volg gedefinieer:

“Procrastination (from Latin's "procrastinare", that translates in to: the prefix pro-, 'forward', and the suffix -crastinus, 'till next day' from cras, 'tomorrow') is the avoidance of doing a task that needs to be accomplished. Sometimes, procrastination takes place until the "last minute" before a deadline.”…….

Om dit in eenvoudige terme te stel is procrastination die aktiwiteit wat die meeste tyd van ons studente lewe in beslag neem. Dis verseker die deel van ons lewe waarin ons geen fasiitering nodig het nie, want dis ‘n feit: studente kan goed procrastinate!

Daar is verskeie websites oor hoe presies procrastination werk en hoe om die probleem op te los, want glo dit of nie hierdie is eintlik ‘n goed nagevorsde onderwerp. Ek’t die page jamesclear.com gaan besoek.

James stel die saak as volg: die mens se brein reageer eerder op kort termyn bevredigings as lang termyn bevredigings… okay so wat het dit nou met enige iets te doen? Kom ons sit dit in konteks, dis makliker om jou kamer skoon te maak, of om series te kyk as om te leer. As jy jou kamer skoon maak gaan dit jou ‘n op die langste ‘n uur vat om die kamer skoon te kry, so basies na ‘n uur gaan jy bevrediging kry, want jy gaan die resultaat kan sien en die taak as afgehandel kan beskou, wat bydra tot die bevrediging.

As jy series gaan kyk gaan dit op dieselfde prinsiep werk, al verskil is jy gaan dalk net langer as ‘n uur vat om bevrediging te kry. Maar as jy leer gaan jy eers na jou toets, wat eers oor ‘n paar dae is, bevrediging kry en dus is dit makliker om jou leerwerk uit te stel en

aandag te gee aan die korttermyn bevredigings.

So ons kan nou hierdie hele konsep van procrastination verder vat en onsself indeel onder die verskillende tipes procrastination wat ons kry op www.lifehack.com:

Vir al hierdie tipes procrastinators is daar darem oplossings so moenie stres nie, jy hoef nie tweede geleentheid te skryf nie, daar is nog hulp vir jou om te verseker dat jy al die werk sal geleer kry voor eerste geleentheid.

sandkoerant 04

sandkoerant 05