SANDkoerant 3 | Page 6

Hoe het hy jou uitgevra en wat het jy in daardie oomblik gevoel en gedink?

Tau-tau: “24 Maart. 2017, ʼn Vrydag. Die dag was ek nie TE opgewonde om nou die koshuis te verlaat nie, maar gaan toe maar saam. Hy het laat ons roomys gaan koop en na die Ouetehuis Vlei gaan. Ons het eers rustig saam gesels en hy gaan haal toe sy Bybel uit die kar. Baie opgewonde, want hy sê toe dat hy vir ons ʼn Bybelstudie voorberei het. Ek dink toe nog ewe die man moes baie voorberei het vir die Bybelstudie want hy is weer die bewerasies self. Hy begin toe met, “Die Bybel sê in Prediker …” ek snap en vra hom, “Is twee beter as een?” die man bloos en antwoord, “Ja, hoe het jy geweet?” Voordat hy enigsins verder kan gaan met sy Preek, is die oomblik te groot en vra die man die vra. (Nee nog nie om met hom te trou nie, vir nou eers sy meisie te wees), jokes/skimp. Hy kon nadat ek Ja gesê het nou ontspan en verder aan gaan met sy preek. Dis hier waar hy werklik my hart gewen het. Hy het vir my uit die Woord van God verduidelik hoekom ek en hy moet saam wees. En dat twee regtig beter is as een.

Dit het my laat voel soos die spesialiste en natuurlik die gelukkigste, nie single mens in die wêreld, en dat ek nie eintlik kan glo wat besig is om te gebeur nie. Hy het die feit dat ons gekuis is geseël met n ringetjie, wat ek steeds elke dag dra.”

Wat is sy mooiste fisiese eienskap?

Tau-tau: “Sy hart, want hy pomp net liefde, maar ek weet dit is nie wat julle eintlik vra nie. Die manier hoe hy sy neusie trek voor dat hy iets vir my wil sê waaraan hy nou tyd spandeer het, om aan te dink. Dan vra ek altyd dat hy nou moet praat, dan kan hy nie glo ek lees hom soos n boek nie.”

Wat is sy mooiste innerlike eienskap?

Tau-tau: “Hy is ʼn man van God, waar hy self toe hy die eerste keer vir my gesê het dat hy lief is vir my, dit weereens uit die Bybel gedoen het.”

Wat het jy al voor hom gedoen wat jou vreeslik laat skaam kry het?

Tau-tau: “Om voor hom te poep, maar gelukkig was hy die een wat die ys gebreek het in daardie gebied, so dis nou nie meer iets om oor skaam te kry nie maar meer ʼn joke van when nature calls.”

Wat is jou liefdes naampie vir hom?

Tau-tau: “Foefernoeshie, alhoewel hy die naam gesteel het en my dit nou baie keer noem. So ek sal sê, my Lyfie.”

Beskryf hom in drie woorde?

Tau-tau: “Hy is: LIEFDE, OPREG, en my ALLES.”

Wie beheer die televisie se “remote”, jy of hy?

Tau-tau: “Verseker HY! Hy hou baie van TV kyk en ek is onervare in movies en veral DSTV.”

Wat is julle gunsteling “date” / aktiwiteit saam?

Tau-tau: “Nie duur nie, maar moeitevolle Romance (so cliché). Die classic kerse, piekniek en wyn aand waar ons net kwaliteit tyd saam spandeer sonder enige afleidings wat tussen my en hom kan kom. (Die piekniek behels insleep Buns en Varsity slap-chips met Chicken Licken se brand sous). Dit is waar ons net kan gesels, lag en droom oor n toekoms saam. Dit alles saam met n stukkie uit die Bybel wat maak dat die aand in n goeie en regte gesindheid verloop is verseker my Happy-place.