SANDkoerant 3 | Page 5

Wat is julle gunsteling “date” / aktiwiteit saam?

Tian: “As ek ons gunsteling aktiwiteit moet noem sal ek sê enige iets avontuurlustig. Ons kom op die oomblik nie regtig daarby uit om sulke dinge te doen met ons besige schedules nie, so op die oomblik bestel ons pizza en kyk n movie, maar ons probeer ’n bietjie die gewoonte afleer en uit die huis uit te kom om enige iets anders te doen.”

Wat is die oulikste ding wat sy al vir jou gedoen of gesê het?

Tian: “Toe ons een jaar saam was het sy vir my ’n baie oulike piek-niek gehou met baie oulike geskenkies. Al het alles nie volgens haar planne verloop nie het sy ’n baie groot sukses daarvan gemaak.”

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Tau-tau: “Hy het redelik hard probeer om my te ontmoet op Facebook, maar ek was maar baie skepties oor die poging. Ons eerste regtige, in lewende lywe ontmoeting was saam kerk toe. Die oulikste deel was toe ek sy hand vat toe die Ds. bid en ek voel hoe die man se hand sweet en aan die bewe gaan, wat pure adrenalien of anders gestel, senuweeagtigheid was. Die was die eerste van baie ontmoetings...”

Wat het jy al voor haar gedoen wat jou vreeslik laat skaam kry het?

Tian: “Voordat ek die eerste keer by Taui se huis gaan kuier het, om haar familie te ontmoet het sy vir my baie “tips” gegee. Natuurlik het sy baie oordryf en gesê haar broer is kwaai ens. Toe ek haar familie ontmoet, het ek dadelik besef dat dit glad nie is soos wat sy gesê het nie en sy het toe ook vir my gesê dat ek kan ontspan, haar familie is baie gemaklike mense. Ons het die aand vetkoek geëet en sy het vir my gesê dat ek maar met my hande kan eet en omdat ek die gas was het ek eerste opgeskep en sommer begin eet. Nadat almal opgeskep het besef ek toe dat ek die enigste een is wat met my hande eet en het my vetkoek stadig neergesit, my hande afgevee en my vurk en mes opgetel. Taui het natuurlik baie hard begin lag en dit vir almal uitgewys wat aan die tafel gesit het. Haar ma het toe verduidelik dat die maalvleisvulsel net bietjie souserig is en dit is hoekom hulle nie met hulle hande eet nie. Ons het lekker daaroor gelag.”

Wat is jou liefdes naampie vir haar?

Tian: “Lyfie, my blom, Taui... Dit is maar die algemeenstes.”

Beskryf haar in drie woorde?

Tian: “Gedrewe, passie en liefdevol.”

Wie beheer die televisie se “remote”, jy of

sy?

Tian: “Ek hou baie van TV kyk en daarom sal ek sê ek beheer die remote, maar as Taui saam kyk dan kyk ons gewoonlik wat sy wil kyk.

sandkoerant 02

sandkoerant 03