SANDkoerant 3 | Page 4

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Tian: “Ek het vir Iseldri vanaf my eerste jaar op kampus gesien en bewonder. Ek het selfs in eksamen lokale langs haar probeer sit. Later het ek uitgevind dat sy my jonger broer se beste vriend se sussie is. Januarie in my derde jaar het sy my geboodskap om te hoor waar my broer is en of ons almal saam kerk toe kan gaan. Dit is toe dat ek haar vir die eerste keer ontmoet het. Dit is van daar af wat sy dol verlief was op my… jokes.”

Hoe het jy haar uitgevra en wat was al die beplanning rondom die groot oomblik?

Tian: “Ek het baie hard beplan daaraan en selfs ’n klein ringetjie gekoop om dit spesiaal te maak. Ek wou haar op ’n Sondag vra, maar al my beplanning was daarmee heen toe ek en sy Vrydagaand gaan roomys eet het by die vlei en die oomblik net vir my reg gevoel het. Alles was alreeds in my kar gelaai vir Sondag, soos my Bybel en kombersies en die ring ens. Ek het net my Bybel en die ringetjie in die kar gaan haal en vir haar die versies wat ek beplan het om te lees vir haar gelees en haar toe uitgevra. Sy sê ek was baie op my senuwees.”

Wat is haar mooiste innerlike eienskap?

Tian: “Ek weet nie eers waar om te begin nie. Taui gee baie om vir mense en sal haar vingers stompies werk, veral vir mense wat na aan haar is. Die mooiste vir my is hoe emosioneel sy kan raak oor haar Christenskap en haar verhouding met God. ’n Preek of ’n boodskap of gebeure kan haar so diep raak, dis bietjie moeilik om te verduidelik.”

-Palm