SANDkoerant 3 | Seite 3

Laat aande, vroeë oggende en ure se beplanning, alles net vir een dag, Opedag. Op 5 Mei was daar talle Karlieners wat die slaap uit hul oë uitgevee het en die koue môre getrotseer het. Vroeg oggend het die groot voorbereiding al begin.

Ballonne het die hele ontspanningsaal vol gepronk, elk met ’n donkie aan die lintjie, om hom te anker. Binne die Ballon was daar ’n briefie wat elke meisie, wat die koshuis kom besoek het, aangemoedig het om aansoek te doen vir die koshuis. Die hele dag was die koshuis oorval met mense wat bietjie meer oor ‘die spangees wat sewe vloere staan’ te kom leer. Op kampus was die dames net so hard aan die werf, die stalletjie het ’n nuwe baadjie aangetrek en het ons hom gesien soos nooit tevore. Groot panele met foto’s wat die gees van Karlien uitbeeld het trots op kampus gestaan. Hout pilare wat met kurk bedek is,

het die naam van Karlien en ons einste Willempie gedra. Ons runners, wat met bruin rokkies en rooi hoedjies met ’n sonneblom op, het hul werk welgedaan want toe die gesingery nie meer effektief was nie, het hulle begin rolspel doen. ‘Dit het die besoekers aan die NWU baie beïndruk’, het ’n bron wat op kampus was, volgens ’n inwoner, tydens die opedag gesê.

Die terugvoer wat ontvang is tot dusvêr, is nog net positief gewees en kan ons met vrede in ons hart sê dat Karlien diep in die mense, wat ons koshuis kom besoek het, sê harte ingekruip het. Dankie aan Merwe en haar komitee vir al julle moeite om so veel matriek meisies te wys waarop hulle sal uitmis, as hulle nie die kans vat om deel te wees van ons sussie-skap nie. Met ’n program wat vlot verloop het en werwings lede wat hul goed van hul taak gekwyt het, het Karlien met opedag 2018, sukses behaal.

sandkoerant 01

-Tras