SANDkoerant 3 | Page 23

Ek daag jou uit om teminste ’n halfuur, drie maal per week aan jou fisiese gesondheid te spandeer en te kyk hoe dit al die aspekte van jou lewe kan verbeter. Ek sê nie dat jy by die gym moet aansluit en elke maand ‘n fortein moet betaal nie, nee. Maak gebruik van die ontspanningsaal op jou gang en doen die oefeninge wat ’n eenvoudige “Application” op jou foon of ’n “Youtube video” vir jou kan bied, gaan draf saam met die ander girls in die koshuis of sluit aan by die Pukkie gym. Jy hoef nie ’n Virgin Active-meisie te wees om hierdie gesonder lewenstyl aan te pak nie.

sandkoerant 20

sandkoerant 21