SANDkoerant 3 | Page 22

Ons almal weet hoe sy lyk… “Sy moet verseker ’n Virgin Active-meisie wees”, is wat almal dink. Sy loop regop, haar vel blink, haar glimlag straal en ja, sy lyk mooi in alles wat sy aantrek. Die voordele van haar fisiese gesondhied is oneindig. Haar gemoed is hoër en haar selfbeeld ook, sy slaap beter in die aande, haar konsentrasie het verhoog en dis sommer vir haar lekker om te leer, sy is meer positief, haar vel is outomaties mooier aangesien sy meer water drink en haar maandlikse uitgawes aan nuwe klere is minder omdat die klere in haar kas skielik mooier aan haar lyfie lyk. Ons almal

weet dat tyd die duurste ding op universiteit kan wees en dat daar gedurig ‘n groot tekort is daaraan, maar hoeveel tyd spandeer ons werklik aan ons fisiese gesondheid? Die voordele van aktief wees strek veel verder as net ‘n mooi figuur aangesien die hormone wat in ons brein afgeskei word deur oefening verantwoordelik is vir daardie goeie gevoel wat ons na die tyd kry. Hoekom sal ons dan nie elke dag so wil voel nie? As jy goed voel oor jouself voel jy goed

oor alles anders ook.

-Palm