SANDkoerant 3 | Page 16

Wasgoed was was ’n hele proses en het met baie pret gepaard gegaan. Anders as wat die foto’s weerspieël, het hulle wel wasmasjiene gehad, maar sommige delikate items is maar versigtig in die wasbak uitgespoel. Wasgoedwas tyd was ook die tyd waar eerstejaarsindroom teëgewerk is met ’n paar lekker oefeninge terwyl die wasmasjien sy werk doen.

Swot was ’n ernstige saak – die akademiese HK-lid en die akademiese SR-lid het altyd kaartjies onderdeur die koshuisinwoners se deure gestoot om hulle te bemoedig in toetsweek en eksamens. Maar as leer intellektuele ontspanning was, moes daar seker baie breinkrag in moeilikheid uitdink ingegaan het...

Hierdie was die Karlien eerstejaars van 1989 (bo) en vloer 5 se eerstejaars (onder). In daardie jare het die vloere nog nie name gehad soos nou nie.

Koshuisfoto’s was ook heel anders – ek dink tannie Corrie sal drie hartaanvalle kry as ons só by die balkonne uithang...