SANDkoerant 3 | Page 14

-Lollos

Daar is verskeie rigtings op die PUK. Saam met hierdie diversiteit kom daar ook verskeie opinies oor wie die moeilikste rigting swot en ek dink ons sal nooit regtig op een kan besluit nie. Daar is wel een ding wat ons almal in gemeen het- klas draf! Ongeag of jy ingenieurskampus toe stap of net E6 toe... stap moet ons stap! Daar is wel ‘n paar vanselfsprekende “reëls” wanneer dit kom by klas draf. Hierdie “reëls” is meer van ‘n etiese beskouing- dit gaan oor jou siening daarvan. As jy egter nie saam stem nie en jy voel dis onnodig wel... you do you boo!

So, sonder verder ophoud, die 5 algemene aanvaarbare klasdraf etiese kodes:

1.

As jy by die duikweg se trappe kom, tel die volgende: “Hou links, gaan regs verby” so as jy af beweeg gaan links om en as jy op kom dieselfde. Dan vermy jy daardie ongemaklike links-regs shuffle dans as jy kop-aan-kop met iemand te staande kom.

2.

Oorfone is ‘n on-going debate. As jy saam iemand klas draf is dit ‘n groot NEE maar as jy alleen klas draf... wel dis ‘n grys arear maar die algemene aanvaarding is “eerder nie”.

3.

As julle ‘n groep is wat saam klas draf, help mekaar! As jy 15 minute voor die klas begin onder kom en hulle is nog nie daar nie- bel hulle maar! Veral as hulle nie laat weet het hulle kom nie klas toe nie. Volgende keer verslaap jy weer en dan verwag jy dat hulle jou sal bel.

4.

Dit is klas draf- nie ‘n modeparade nie! Jy hoef nie 13cm stilletos en swart aandrokke op kampus te dra om man te vang nie! Het jy ‘n idee hoe baie ekstra slaap jy kan kry as jy nie elke oggend ‘n picasso kuns werk op jou gesig probeer doen nie? Hou dit rustig en kalm, spaar tyd en wees net gemaklik.

5.

Chats bou is belangrik. As jy iemand sien wat jy ken en lank laas gesien het, stop maar en gesels vir so rukkie as jy tyd het. Dit is dalk die enigste tyd wat julle gaan gesels in ‘n lang tyd. As jy nie tyd het vir dit nie- groet ten minste! Moet nie maak asof jy hulle nie sien nie want hulle sien jou en dis net ongemaklik!

Dames, dis basics! Daar is nog so paar selfsprekende reëls in hierdie komplekse onderwerp van klas draf etiket 111. Maar dis ongelukkig al waarvoor ons woorde het!

Onthou, wees verantwoordelik en draf klas! Dis tot jou eie voordeel.