SANDkoerant 3 | Page 13

-Dumbo

Wat is leer? Wat is die resultate daarvan? Om te leer is om nuwe maniere van hoe om iets te doen te bereik of om begeertes te bevredig. Om iets vir jou werd te wees, moet jou geleerdheid jou op een of ander manier help om beter of gelukkiger te lewe. Doeltreffende leer kom eers deur dit te beoefen totdat jy bedrewe word in die gebruik en dit ‘n gewoonte word om dit in jou studie te gebruik.

Verskeie sielkundige faktore beïnvloed leer insluitend: motivering, konsentrasie,

reaksie en organisasie. Volgens my persoonlike ervaring is herhaling egter dié belangrikste. Min dinge wat ons ervaar is so glashelder dat dit in een probeerslag geleer word. Om iets te onthou moet ons dit herhaal alhoewel herhaling nie waarborg dat jy wel leer nie. Om te studeer is nie net vir die aand voor ‘n eksamen nie. As jy elke dag ‘n bietjie leer word die werk gedurig hersien wat mens help om die werk te verstaan. Dit help ook om stres te vermy soos wanneer ander mense dan op die laaste nippertjie nog moet leer.

‘n Paar studiewenke sluit in:

Kry ‘n bepaalde en georganiseerde plek waar jy kan studeer –

vermy dinge wat jou aandag kan aftrek

Gebruik hulpmiddels (aantekeninge & vloeidiagramme)

Oefen ou vraestelle

Verduidelik jou antwoorde aan ander

Reël studiegroepies saam met vriende

Neem gereëlde breuke

Beplan jou eksamendag

Drink genoeg water

Stap voor jou eksamen - dit is bewys dat oefening jou geheue

en breinkrag kan bevorder

sandkoerant 10

sandkoerant 11