Hierdie jaar se pleegsorgplegtigheid was met groot opgewondenheid ontvang. In die twee weke van zoep het die eerstejaars hul bes probeer om hulle toekomstige ma’s se harte te wen. Soos gewoonlik was zoep ‘n groot sukses en die eerstejaars het regtig ”geshape”.
Die aand van pleegsorgplegtigheid het almal, ma’s en kinders, geniet. Die tema was Spies gewees en was goed deurgevoer deur om te reël dat die ma’s deur Excelsior gesteel word. Die babas moes toe al die “clues” volg om uiteindelik hulle ma’s te red. Almal was baie opgewonde toe die ma’s en kinders uiteindelik mekaar vind.
Almal het toe ‘n rukkie by Excellas gekuier en daarna het die eerstejaars (meeste van hulle) vir die eerste keer gaan kuier. Die meeste families het in Bourbons opgeëindig, nadat hulle die hele Potch verken het. Meeste kinders het die aand afgesluit deur om uiteindelik in hul ma’s se kamers en die aand daar te slap.
Vir baie ma’s was dit nie hulle eerste kind nie maar dit het hulle glad nie gekeer om die aand te geniet nie. Natuurlik was die aangenome kinders en peetfamilies ook deel van die joligheid.
Baie dankie aan die HK-lede dat julle die kinders so mooi groot gemaak het, en ‘n spesiale dankie aan Jolly wat die hele geleentheid gereël het.
sandkoerant 07
sandkoerant 08
-Rakke