SANDkoerant 2 | Page 10

Meeste antwoorde sal noem dat jy wil deel wees van die egte studente lewe, dalk was jou ma/sussie/tannie ook in die koshuis so jy volg in die familie se voetspore, dis ʼn maklike invloei-fase in R&O wanneer jy moet weet hoe werk dinge en waar alles is. Jy wil nie alleen in ʼn woonstel bly nie, jy het nie ʼn kar nie, so dit is maklik om op kampus te bly, want dan is jy lekker naby aan al jou klasse, die Bult en die Friendly.. ook lekker naby aan Bourbons en MVG.

As jy mooi daar oor gaan dink en agterkom dat daar baie mense is wat regtig deel wil wees van al

die wonderlike waardes

waarvoor Karlien Dameskoshuis, of feitlik enige ander koshuis, staan. Jy voel dalk dat jy ʼn verskil kan maak in jou koshuis-susters se lewens en jy wil hulle beter leer ken, sodat julle mekaar kan ondersteun en sodat jy dalk lewenslange vriendskappe kan begin. Dit is dalk die ideale plek vir jou om al jou leierseienskappe te kan ontwikkel en jouself, jou ouers en die res van die mensdom trots kan maak as jy jou koshuis verteenwoordig in die geveg teen die taalbeleid verandering, die wegneem van koshuisdrag en tradisies behou as jy jou koshuis verteenwoordig op verskeie vlakke.

Vreemde vraag, ek weet. Jy kan op verskeie maniere antwoord hierop. Party gaan minder eerlik wees as die res, maar hoe gaan enige iemand weet wat jy regtig voel..?