Die probleem kom egter in by daardie paar mense wat net in die koshuis is, want hulle het nie eintlik ʼn ander uitweg nie. Die probleem kom in wanneer jy by ʼn aksie, of dit nou vir sosiaal, SJGD, AKSA of enige ander portefeulje is, ʼn foto van jouself neem of jou gesiggie vir die HK lid wys en weer onmiddellik loop. Soos ons almal weet is die behoefte aan enkelkamers en self net ʼn plek in die koshuis baie belangrik, maar waar is jou integriteit wanneer jy net iets bywoon om jouself te bevoordeel? Wat van ʼn verskil maak in ons SJGD skooltjie se kinders se lewens? Wat van die omgewing werklik te help en ʼn bydrae te lewer by AKSA se Wellness Week? Wat van werklik meer leer oor jou huis wanneer ʼn oud-inwoner kom gesels oor tradisies en haar ervaringe? Wat van ʼn bietjie ondersteuning vir jou koshuis-susters, jou buurvrou miskien en soms jou kamermaat wanneer sy op en af hardloop en haar hart uitspeel op enige sport veld?
Dit is vandag te veel gevra vir iemand om ʼn bietjie opoffering te maak, of ʼn bietjie van jou tyd te gee om jou mede-koshuis inwoners te ondersteun, waar hulle jou koshuis se naam trots maak gedurende ʼn debat gesprek, tydens die semi finale vir pluimbal, sokker, hokkie of feitlik enige aktiwiteit? Moet hulle dan al die werk doen om jou koshuis se naam te eer en hoog te dra en jy ry lekker saam op die golf van sukses?
Dit is tog te lekker om in jou nuut-verdiende-ovie in Bourbons te gaan dans, maar jy kan nie hom dra vir klas gedurende Sportweek nie? Jy kan in jou kuierhempie gaan drink by die vlei/MVG maar jy kan nie in jou formals gaan eet by die Voorhuis saam met jou susters nie? Alhoewel hierdie nie op almal van toepassing is nie, is daar baie van ons wat onsself inleef in die koshuis tradisies wat weet hoe great dit is om deel te wees van iets groter as ons.
Ja, ek het baie vrae gevra. Dit is wel retories. Dit is net tyd dat almal se oë begin oopgaan en dit is tyd dat julle besef jy moet ook bietjie moeite insit om beloning te kry. Volgende keer as daar ietsie op die bekende Whatsapp groep geplaas word, dink twee keer oor hoekom jy gaan en vir hoe lank jy ook gaan. Dit is dalk tyd dat almal se houdings ʼn bietjie meer positief word, gaan alles dan nie net lekkerder wees nie? Dit is wel beslis tyd om hande te vat, mekaar te ondersteun en seker maak dat hierdie werklik die hoogtepunt van ons jaar en lewe gaan wees. –Anoniem
sandkoerant 09
sandkoerant 10