sandkoerant 05
sandkoerant 06
Kaapstad met sy meer as 4 miljoen inwoners staar die ergste droogte in 100 jaar in die gesig. Ten spyte van die reën wat in die Boland val, is die Wes-Kaap se krane steeds besig om op te droog. Terwyl die reën wegbly, moet Wes-Kaapse munisipaliteite al hoe strenger maatreëls instel om inwoners sover te kry om water te bespaar. Op sommige dorpe is daar inwoners wat hul glad nie steur aan die waterbeperkings nie, en hul daaglikse beskikbare water moet nou deur die munisipaliteite beperk word. Die Wes-Kaap maak reg vir Dag Zero waarop geen munisipale water meer in krane beskikbaar sal wees nie, wat sal beteken dat inwoners by 200 waterstasies elk 25 liter per dag sal ontvang.
Moenie die kraan oophou terwyl jy tande borsel nie; so kan tot 6 liter water per minuut bespaar word.
Neem korter storte. 6-45 liter water per minuut kan so bespaar word.
Kook net soveel water in die ketel as wat jy op 'n keer nodig het.
Moenie jou wasmasjien of skottelgoedwasser gebruik tensy dit nie volle lading het nie.
Herstel druppende krane. 'n Druppende kraan kan tot 15 liter water per dag, of sowat 5 500 liter water per jaar vermors.
Plaas 'n "waterbesparingstoestel' in jou toiletbak - selfs 'n baksteen of 'n plastiekbottel met water gevul - om meer water te bespaar.
Hou 'n beker water in jou yskas. So het jy altyd koue water byderhand sonder om die kraan te laat loop tot koue water uitkom.
Maniere om water te bespaar:
-Aan