SANDkoerant 2 | Page 5

sandkoerant 03

sandkoerant 04

Wie beheer die televisie se “remote”, jy of hy?

Pax: “Hy sal seker sê hy, maar ek manipuleer die situasie gewoonlik so dat ons in elk geval kyk wat ek wil kyk.”

Wat is julle gunsteling “date” / aktiwiteit saam?

Pax: “Definitief pick-nick hou.”

Wat is die oulikste ding wat hy al vir jou gedoen of gesê het?

Pax: “Hy het my een maal vir kilometres gedra toe ons in die veld verdwaal het. Hy het ook net heeltyd bly sê dat hy net een kans kry om my te beïndruk en dat hy my nie verder kaalvoet sal laat loop nie.”

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Nico: “Ons het die eerste keer in R&O ontmoet toe ons ’n aksie met Karlien gehad het, ek het haar gevra om te dans toe sê sy nog eers nee.”

Hoe het jy haar uitgevra en wat was al die beplanning rondom die groot oomblik?

Nico: “Ek dink nie daar was veel daarom beplan nie ek was die naweek saam haar plaas toe en ek het toe geweet dat ek mal is oor haar. Ons het by Ocean Basket gaan eet en ek het haar toe daar gevra.”

Wat is haar mooiste fisiese eienskap?

Nico: “Dis my geheim. Alles van haar is, maar as ek moet kies sal ek sê, haar groen oë.”

Wat is haar mooiste innerlike eienskap?

Nico: “Charm is deseptive and beauty is fleeting; but a woman who fears the Lord is to be praised.” – Proverbs 31:30. Sy het ’n sagte hart en ek waardeer haar eerlikheid baie.”

Wat het jy al voor haar gedoen wat jou vreeslik laat skaam kry het?

Nico: “Ek kry nie maklik skaam nie, maar toe ek haar die eerste keer wil soen het ek nie gedink ek moet haar net soen nie, toe het ek haar gevra of ek haar kan .

Wat is jou liefdes naampie vir haar?

Nico: “My Lielie.”

As dit tyd is om haar te bederf en spesiaal te laat voel, hoe sal jy dit doen?

Nico: “Definitief ’n “candle light dinner” en baie moeite doen daarmee!”

Wie beheer die televisie se “remote”, jy of sy?

Nico: “Ek wil sê ek, maar dit hou nooit baie lank voordat ek ingee en die “remote” vir haar bietjie teen my wil gee nie. Sy is belangriker as enige iets op die tv, gelukkige meisie…gelukkige lewe.”

Wat is julle gunsteling “date” / aktiwiteit saam?

Nico: “Ek sal sê pick-nick daar by die ouetehuis waar daardie stroompie loop, dis altyd rustig. end an kan mens net lekker tyd saam spandeer.”

10.Wat is die oulikste ding wat sy al vir jou gedoen of gesê het?

Nico: “Toe ek die eerste keer vir haar sê dat ek lief is vir haar kon sy dit nie dadelik vir my terug sê nie, maar die oomblik toe sy dit wel gesê het, is iets wat ek in my lewe nooit sal vergeet nie. Sy het dit eers in die middel van ’n brief geskryf en na ek dit gelees het dit vir my gesê. Dis definitief die mees waardevolste ding ook.”

Wat is die oulikste ding wat sy al vir jou gedoen of gesê het?

Nico: “Toe ek die eerste keer vir haar sê dat ek lief is vir haar kon sy dit nie dadelik vir my terug sê nie, maar die oomblik toe sy dit wel gesê het, is iets wat ek in my lewe nooit sal vergeet nie. Sy het dit eers in die middel van ’n brief geskryf en na ek dit gelees het dit vir my gesê. Dis definitief die mees waardevolste ding ook.”