Baie geluk aan hierdie maand se Couple van die maand, Pax en Nico. Ek dink die hele koshuis sal met my getuig dat Nico al deel voel van die koshuis. Mag die liefde net aanhou blom!
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Pax: “Ons het mekaar die heel eerste keer by ’n eerstejaars-aksie ontmoet, waar ek nét met hom wou dans en toe hy my uiteindelik kom vra het, was ek te bang vir die HK om met hom te dans.”
Hoe het hy jou uitgevra en wat het jy in daardie oomblik gevoel en gedink?
Pax: “Hy het my op sy verjaarsdag uit gevra. Ek het dadelik gedink hy is baie slim om my nie regtig ’n keuse te gee as om “ja” te sê nie… Nie dat ek wou nee sê nie!”
Wat is sy mooiste fisiese eienskap?
Pax: “Sonder twyfel sy dimple.”
Wat is sy mooiste innerlike eienskap?
Pax: “Sy omgee hart, wat ’n “cheesy” antwoord is, maar wat in hierdie geval heetemal opreg is.”
Wat het jy al voor hom gedoen wat jou vreeslik laat skaam kry het?
Pax: “Hy het my gekielie en toe kom daar perongeluk meer as net n lag uit . . . (dot, dot, dot).”
Wat is jou liefdes naampie vir hom?
Pax: “Aapstert.”
As dit tyd is om hom te bederf en spesiaal te laat voel, hoe sal jy dit doen?
Pax: “Pick-nick’s, want lê en eet beskou ons as romanties en beter kwaliteit tyd sal ek nie saam hom kan kry nie.”
-Palm