As jy iemand is wat oor die algemeen besige hande en voete het, is dit ’n goeie idee om vir jouself ’n stresballetjie te maak. Dit is ’n welkome breek in jou studies wat jou kreatiwiteit prikkel en dan kan jou hande en brein besig bly sonder om teenstrydig met mekaar te werk. Mense dink ook dat dit teenwerkend is om musiek te speel terwyl jy leer of tussen swot sessies. Dit is egter nie die geval nie. Instrumentele musiek met ’n stadige ritme het ’n baie goeie uitwerking op mens se liggaam omdat dit jou bloeddruk, hart ritme en jou stres vlakke verlaag. Jy kan enige musiek op die agtergrond speel terwyl jy leer, solank dit nie woorde of lirieke in het nie of jy kan selfs natuur geluide in jou kamer laat weerklank. Dit sal jou in ’n rustiger omgewing sit om te sit en leer.
Pasop vir die hoeveelheid kafeïne wat jy inneem. Kafeïne kom in verkillende vorme voor onder meer koffie, tee, sjokolade en
energie drankies. Al die bogenoemde lyk
altyd na ’n maklike kruk om te gebruik as mens met die leerwerk sukkel, maareintlik verhoog dit net jou stresvlakke. Almal se drempel vir te veel kafeïen inname verskil, so as jy sukkel om op een ding op ’n slag te konsentreer of jou hande kan nie ophou bewe nie, weet jy dat jy eerder moet oorslaan water toe.
Daar is dinge in die lewe wat onvermydelik is en uit die aard van die saak vir jou stres gaan veroorsaak (soos die semester toets waarmee jy jou deelname moet opstoot). Dit is juis belangrik vir jou om te leer om die dinge wat wel vermydelik is uit te skakel. As jy voel dat jy heeltemal teveel hooi op jou vurk gelaai het, is dit belangrik dat jy vir ’n paar dinge begin nee sê. Veral in hierdie tyd waar akademie bo alles geprioritiseer word. Baie sterkte met die tyd wat voorlê en onthou dat daar dinge is wat jy kan doen om jou stres te wen.
sandkoerant 17
sandkoerant 18