Dames, die vakansie is verby en kort voor lank kyk semesterweek ons in die gesig. Die stres vlakke is vatbaar op kampus en so tussen jou persoonlike lewe, koshuislewe en akademiese verwagtinge kan mens dit vanselfsprekend neem dat jy ook onder stres kan raak. Hier is ’n paar wenke wat jou kan help om stres tydens hierdie semester week te verlig en/of van die begin af te voorkom.
Die nommer een ding om te doen, en sekerlik die moeilikste ding om jouself te oorreed om te doen is om te gaan oefen. Dit klink dalk vreemd, maar as jy jou liggaam onder fisiese stres sit verlaag dit enige geestelike stres waaronder jy jouself bevind. Wanneer jy oefen stel jou brein ’n hormoon endorfiene vry wat jou meer gelukkig en ontspanne voel As jy gereeld oefen is jy minder geneig om maklik te begin stres teenoor iemand wat glad nie oefen nie. Dit verbeter ook jou slaap gehalte, wat net so belangrik is vir die hantering van stres. So baken vir jou ’n tydjie af elke dag waarin jy iets aktief doen, al is dit net om saam jou vriendin bib se gras toe te stap en ’n breek saam ’n groep vriende te neem.
Sosiale ondersteuning van vriende en familie af is baie belangrik tydens ’n stresvolle tydperk. Dis gewoonlik mens se instink om eerder nee te sê wanneer vriende jou iewers heen uitnooi terwyl jy besig is om te swot, maar eintlik is dit juis die tyd wat vriende baie waardevol kan wees in die dat hulle help om jou stres onder beheer te hou. Dit is bewys dat oksitosien (’n hormoon wat onder andere stres verlig in jou liggaam) afgeskei word wanneer jy tyd saam vriende en geliefdes spandeer. Mens moet ook natuurlik nie te veel tyd saam jou vriende spandeer en nie genoeg leer nie! Hier gaan dit alles oor balans. Nog ’n manier om van stres ontslae te raak wat goed hiermee saamloop is om te lag. Dit is moeilik om angsbevange te voel as mens besig is om te lag, en teen die tyd weet jy sekerlik al hoe goed lag vir jou gesondheid kan wees. Om te lag vervoer meer suurstof in jou bloedstroom in en na jou organe toe. Dit verlig ook stres deur al daardie spiere wat op ’n knop getrek is te verslap. In die langtermyn kan dit ook jou immuun sisteem verbeter.
-Merk