SANDkoerant 2 | Page 15

Nader aan die einde van ʼn eerstejaar spoel daar ʼn groot opwinding oor die eerstejaars. Eers is dit die aanpas van hierdie spesiale kledingstuk en dan bars hulle uit hulle nate wanneer die lang gewag uiteindelik verby is en hulle vir die eerste keer hulle eie ovie kan dra. Ek kan verseker sê dat ander koshuise nie só ʼn spesiale gevoel van trots oor hulle ovies het nie- dit is seker maar omdat jy as eerstejaar reeds tydens R&O in hierdie gemaklike

pakkie kan rondstap in hierdie ander koshuise. Sal dit nie wonderlik wees as ons as Karliener sussies ons spesiale ovie tradisie kan voortsit nie? Dink bietjie daaraan…dalk kan jou eie dogter oor ʼn paar jaar met jou kunswerk van ʼn ovie spog by haar vriendinne wanneer sy self ʼn Beer van Karlien is. Ek sal verseker geëerd voel as my ovie weer ʼn paar blommetjies kan vou op die JOOLplaas en It’s Raining Men uit volle bors kan sing wanneer die voorreg nie meer myne is nie.

sandkoerant 13

sandkoerant 14