SANDkoerant 2 | Page 14

Nie net loop ons reputasie as koshuis ons vooruit nie, maar ons ovies ook…

Hierdie foto’s is deur ‘n Karliener se pa by sy werk geneem. As jy mooi kyk staan daar duidelik KARLIEN op sy ovie se broekspyp. Hy kan verseker trots voel dat hy die geleentheid gegun is om hierdie pakkie iewers te erf. Dit maak my opgewonde om te sien watse verreikende gevolge Karlien, en meer spesifiek ons ovies het. Ons invloed strek selfs tot in ander dorpe! Hopelik is hy ʼn goeie beeld vir ons huis weg van die huis af en dra nie net ons ovie nie, maar al die waardes waarvoor ons as koshuis bekend staan.

DAMES, DIS ‘N VOORREG! As die enigste koshuis op kampus

wat VOLlyf ovies dra (want Karlien doen mos alles VOLuit) wat boonop die passievolle rooikleur is, kan ons as Karlieners nie anders as om uit te staan nie. Karlien staan bekend as ‘n ROOIMASSA! Alhoewel ons as sussies saam ʼn eenheid en onbreekbare band vorm het elkeen van ons die geleentheid om as mens te groei en ons eie unieke karakter te ontwikkel en uit te leef in ons huis hier op die PUK. Ons unieke ovies is verseker ʼn kenteken hiervan: wanneer elke Karliener haar persoonlike stempel op haar ovie afdruk deur haar koshuisnaam daarop uit te beeld en elkeen só haar eie skakering van rooi meng.

-Dumbo