“ Moet nou nie vir jou belaglik hou nie, Lisa. Ons le Rouxs laat nie mense sommer so in die steek nie. Wat gaan arme Nico van ons dink? Buitendien ek het nie verniet met daardie skip van ʼn kar gery nie.
Jy behoort te weet watse struggle dit is om daardie ding aan die brand te kry.” Ma frons só erg dat mens die plooie en vlekke van oud word kan sien.
“Maar...” probeer ek ‘n laaste poging.
“Niks se gemaar nie Lisa. Toe kry solank vir my ‘n muurprop. Ek moet hierdie krultang opstart.” Sy knyp daardie gedoente se kante teen mekaar en slaan my toe perongeluk deur die gesig. Gelukkig was hy nog koud anders was daar net so helse brandstreep horisontaal oor my gesig. Ek staar na my ma. Mej. Doringsroos 1975. ‘n Regte pagentqueen as jy my vra. Mens kan haar altyd deur ‘n ring trek. Ek het glad nie haar gene gekry nie. Maar die Le Roux gene, oegh te veel van.
“Waar kan ek hierdie meneer inprop? Ons het nie heeldag tyd nie.” Net sy sal weet watter eienaardige gedoente daardie is.
“Nico kom tel my drieuur op. Hy het ‘n fotograaf gereël, the works.” Sy plak my woes op ‘n stoel neer en begin allerhande rome en poeiertjies aan my gesig smeer.
“Vandag maak ons van jou ‘n beauty queen my skat.” Sy is aan die skarrel. Plak hier ‘n ding in en dan weer daar. Hier trek die stoom en daar ruik hare soos brand.
*
Êrens lui ‘n bekende deuntjie.
“Ma, my wekker. Dis net voor drie. Nico behoort al amper hier te wees.” Ek skrik myself wit. Ek is nie bedoel vir hierdie tipe goed nie.
“Nog net die laaste touch skat, dan is jy reg om te gaan.” Ma se hande bewe. Vir die eerste sien ek haar oë ophelder. Sy het nog nooit so na my gekyk nie.
Sy draai die stoel in die rondte. Ek hou my hande voor my oë. ‘n Huilerige maar trots stem kom uit ma se mond.
“Toe, kyk na die mens wie jy kan wees.” Ma se hande bewe en ek sien ‘n traan loop af by haar wang.
“Werklik ma, is dit ek?” Ek raak liggies aan my wangbeen. Staan op om ‘n beter perspektief van alles te kry.
“My rok, dit het nie eers so mooi gelyk op my matriekafskeid nie. En my hare...” Ek vat liggies aan alles soos ek aan porselein sal vat. Te bang dat dit breek.
“Laat ons nou nie vir mekaar jok nie liefling, puberteit het jou beter hanteer as wat jy ooit sou raai.” Ma klink in haar skik.
Vir die eerste keer sien ek myself as ‘n jong dame. Nie meer ‘n meisie nie. Maar ‘n dame. Ek sien myself as die prinses wat ek nog altyd kon wees en nie meer die aspoestertjie nie. Ek het gegroei. Ek het vrou geword! Ek het nog nooit so goed oor myself gevoel nie. Wat nog te sê so mooi gelyk nie.
Vir die eerste keer is 19 jaar kon ek myself waardeer . Ek kon al my idees van wie ek is op sy skuif. Ek was mooi. Ek was vrou.
“Ma hy is hier.” My handpalms sweet.
Die trappe na onder het soos ‘n ewigheid gevoel. Ek het gesweef soos ‘n prinses elke tree. Ek stap by die deur uit en daar staan hy. Netjies in pak en strikdas.
“Lisa...kyk ek reg? Jy lyk...” hy haal sy asem op en draai my in die rondte.
“Dankie, jy kyk nou na die regte ek. Die een vir wie ek jare lank nie kon sien nie. Ek, Lisa le Roux, die beauty queen.”
sandkoerant 11
sandkoerant 12