SANDkoerant 2 | Page 16

Grensgevalle is ‘n unieke trend wat absoluut vlam gevat het. Dink net aan ‘n eg Afrikaanse frase of interessante sê ding en hulle sal dit vir jou op ‘n T-hemp kan vas werk. Basies is jy in beheer oor hoe jou T-hemp gaan lyk. Jy kan self besluit uit watter materiaal elke letter gesny moet word en die kleur van die T-hemp waarop hierdie letters dan vasgewerk gaan word. So het elke student sy eie, unieke, “trendy” T-hemp met ‘n Afrikaanse frase wat iets vir jou beteken en jou gevoel uitdruk.

Grensgevalle se oorsprong begin eintlik uit ‘n vakansie-idee. Mac, Nacho, Trovert en Nou het vir hulle self ‘n T-hemp met die frase “Grensgevalle” gemaak vir hulle vakansie in Namibië verlede Desember. Na ‘n lekker vakansie aan die ander kant van die grens bring hulle hierdie T-hemde terug Potch toe en veroorsaak omtrent ‘n oproer. Mac vertel dat hulle eintlik net in die kamer gesit en veroorsaak omtrent ‘n oproer. Mac vertel dat hulle eintlik net in die kamer gesit en gesels het oor hoe snaakse Afrikaanse

sê goed sal lyk op die hemde en of daar belangstelling in hulle hemde sal wees of nie. Toe begin hulle met bemarking, deur hulle hemde op kampus te dra en selfs trou-aksie toe en natuurlik by kunsmark uit te stal. En belangstelling was VERSEKER daar!

Wat Grensgevalle besonders maak is dat daar nie winste na gejaag word nie, maar die geleentheid geskep word om so iets aan te pak saam met vriendinne en om hulle taal te koester. Die feit dat die stigters van Grensgevalle hier uit Karlien uit kom dra net by tot hulle uniekheid. Ek voel dat elke Karliener iets uit die storie van Grensgevalle kan vat, en dit is dat ‘n “average” idee besonders “average” kan raak as jy net absoluut voluit vir dit gaan en dit net geniet!

Ek sluit graag hierdie berig af met Grensgevalle se slagspreuke wat ‘n aanhaling van C.J. Langenhoven is: “Om jou een, eie taal tot nut te gebruik, is ‘n groter kuns as om sewe vreemde tale by te leer.”

Wil jy, of wil jy nie? ; Ek mis my ouers; Hardekwas; Roesemoes; Alleenlopend; Langdop; Loopdop; Koshuisbrak; Teleurstelling; Damduiker; Ramkat; Mynkonyn; Reëls is reëls; Sê dankie; Die mens is ‘n tropdier; Roekeloos

Hierdie is nie net woorde wat soveel waarheid dra en lekker sê nie, maar ook woorde wat baie goed op ‘n Vrydag hemp lyk.

-Skiep